Huisgenoot-nuusvasvra: 5-12 November 2018

Wat erf Amor Vittone van haar oorlede man, die rugbyster Joost van der Westhuizen, volgens ’n uitspraak in die Hooggeregshof in Pretoria?
€™n Televisiestel
€™n Huis in Dainfern, Johannesburg
Rugby-gedenkwaardighede
Wanneer in 2019 gaan Suid-Afrika stembus toe?
Maart
Mei
Augustus
Watter geskiedkundige gebeurtenis is die afgelope naweek gedenk?
Die 30-jarige herdenking van die val van die Berlynse Muur
Die 50-jarige herdenking van die eerste maanlanding
Die 100-jarige herdenking van die skietstilstand wat die Eerste Wêreldoorlog beëindig het
Watter bekende Afrikaanse kinderboekskrywer is vir die gesogte Britse Carnegie-medalje vir kinder- en jeugliteratuur benoem?
Jaco Jacobs
Jaco Fouché
Elizabeth Wassermann
Die Britse akteur Idris Elba is deur die Amerikaanse tydskrif People as 2018 se sexyste man aangewys. Wat is sy verbintenis met Suid-Afrika?
Hy het die rol van oudpres. Nelson Mandela vertolk in die fliek Mandela: Long Walk to Freedom.
Sy ouers het grootgeword in Soweto, Gauteng.
Sy seun, Winston, bring sy brugjaar deur as LO-onnie by ’n skool vir gestremdes in Kaapstad.
In die pas afgelope Amerikaanse verkiesing het die Demokratiese Party die algehele houvas verbreek wat pres. Donald Trump se Republikeine op die regering gehad het. Hoe?
Die Demokrate het nou ’n meerderheid in die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers
Die Demokrate het nou ’n meerderheid in die Amerikaanse Senaat
Albei die bogenoemde
Watter internasionale ster moes Suid-Afrika die naweek inderhaas verlaat nadat hul huis in die verwoestende Suid-Kaliforniese brande beskadig is?
Sébastien Izambard, lid van die sanggroep Il Divo
Miley Cyrus, aktrise en sangeres
Gerard Butler, akteur
Watter mylpaalverjaardag vier prins Charles vandeesweek?
65
70
75
Drie ontstellende moordsake het verlede week skuldigbevindings opgelewer. Watter van dié sake het in die omgewing van Stellenbosch in die Wes-Kaap plaasgevind? (meer as een antwoord moontlik)
Die moord op Susan Rohde
Die moord op Hannah Cornelius
Die moord op Courtney Pieters
Die Spice Girls het aangekondig dat hulle in 2019 weer saam gaan toer. Watter lid van dié 1990’s-popgroep gaan egter nie aan die toer deelneem nie?
Posh Spice (Victoria Beckham)
Scary Spice (Melanie Brown)
Baby Spice (Emma Bunton)
Volgens kenners help hierdie metode van dissipline glad nie om kinders die verskil tussen reg en verkeerd te leer nie.
€™n Pak slae
Die stout-hoekie
Wegneem van voorregte
Watter minister is deur die Openbare Beskermer gedagvaar om voor haar te verskyn?
Min. Pravin Gordhan
Min. Malusi Gigaba
Min. Derek Hanekom
Watter Afrikaanse sanger gaan NIE ’n afrigter in die nuwe reeks van die musiekwerklikheidsprogram The Voice wees NIE?
Karen Zoid
Francois van Coke
Riana Nel
Wat is dronkbestuurders se voorland as die Padverkeersbestuurskorporasie sy sin kry?
Sewe dae in die tronk
Permanente opskorting van rybewys
Ononderhandelbare boete van R250 000
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 5-12 November 2018", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Wanneer laas het die Springbokke Nieu-Seeland in Nieu-Seeland geklop?, Wie of wat is Mangkhoet?, Watter ikoniese motor gaan ná 2019 nie meer vervaardig word nie?","img":"https://cdn.poll-maker.com/33-1124594/photoshop-advertensie.jpg?sz=1200"}
Powered by: Quiz Maker