Nuusvasvra – Week van 30 Julie

€�n Twiet deur die Wes-Kaapse premier Helen Zille het net ná die munisipale verkiesing ’n storm veroorsaak. Waaroor het sy mond uitgespoel?
Studente wat oor die Universiteit van Kaapstad gekla het
Die SAUK se grafiese wanvoorstelling van die DA se uitslae
€�n Moontlike koalisie tussen die DA en die EFF in Nelson Mandelabaai
Zille se twiet was in reaksie op UK-studente wat in die Cape Argus na hul universiteit as ’n “teësinnige tuiste” verwys het. "If this woke bunch hate being UCT students so much, please help them out of their misery and withdraw their funding," het sy getwiet.

Waar in Suid-Afrika is daar ’n ski-oord wat vandeesweek onbereikbaar was weens te veel sneeu?
Ceres
Tiffindell
Matroosberg
Tiffindell is die enigste ski-oord in Suid-Afrika. Dit lê naby Rhodes in die Oos-Kaap in die suidelike Drakensberge.
Tiffindell is die enigste ski-oord in Suid-Afrika. Dit lê naby Rhodes in die Oos-Kaap in die suidelike Drakensberge.
Wat het die sanger Justin Bieber vir die akteur Zac Efron gesê toe hy by hom gaan kuier het?
€�Zac, dis tyd dat jy ophou toneel speel en weer begin sing.”
€�Zac, ek soek die naam van die afrigter wat jou gehelp het om so ’n mooi lyf vir die Baywatch-fliek te bou.”
€�Zac, jy moet regtig jou rolle versigtiger kies.”
Zac was glo stomgeslaan toe Justin hom aansê om sy rolle versigtiger te kies, maar het die raad nie te ernstig opgeneem nie.
Zac was glo stomgeslaan toe Justin hom aansê om sy rolle versigtiger te kies, maar het die raad nie te ernstig opgeneem nie.
Die krieketster Graeme Smith en sy meisie, Romy Lanfranchi, het aangekondig hul eerste baba word vroeg in 2017 gebore. Hoeveel kinders gaan hulle saam-saam hê wanneer die nuwe baba opdaag?
Drie
Vier
Vyf
Graeme het ’n seuntjie en dogtertjie en Romy het twee seuntjies. As die nuwe baba gebore word, het hulle altesaam dus vyf kinders.
Graeme het ’n seuntjie en dogtertjie en Romy het twee seuntjies. As die nuwe baba gebore word, het hulle altesaam dus vyf kinders.
Wie is op die oomblik die rykste mens in Suid-Afrika?
Christo Wiese
Nicky Oppenheimer
Johann Rupert
Dit was voorheen Nicky Oppenheimer, maar Christo het hom verbygesteek nadat die pond weens Brexit soveel waarde verloor het. Johann is derde.
Dit was voorheen Nicky Oppenheimer, maar Christo het hom verbygesteek nadat die pond weens Brexit soveel waarde verloor het. Johann is derde.
Watter bekende tandskoonmaak-roetine is volgens die Amerikaanse Tandheelkundige Vereniging nie so doeltreffend soos altyd gemeen is nie?
Borsel
Vlos
Sesmaandelikse behandelings deur ’n mondhigiënis
Die tandheelkundiges het erken daar is geen bewys hoegenaamd dat vlos goed vir jou tande is nie.
Die tandheelkundiges het erken daar is geen bewys hoegenaamd dat vlos goed vir jou tande is nie.
Watter bekende Afrikaanse boek gaan binnekort verfilm word?
Koors deur Deon Meyer
Kamphoer deur Francois Smith
Judaskus deur Rudie van Rensburg
Kamphoer, die verhaal van ’n meisie wat tydens die Anglo-Boereoorlog verkrag word en jare later een van haar aanvallers moet versorg, word verfilm deur dieselfde span wat Dis Ek, Anna verfilm het. Charlené Bouwer sal in die hoofrol wees.

Watter Hollywood-akteur is op die oomblik in Namibië?
Tom Cruise
Matt Damon
Russell Crowe
Tom Cruise werk tans aan die fliek The Mummy in die Namib. (Russell Crowe sal ook in die fliek te sien wees.)
Tom Cruise werk tans aan die fliek The Mummy in die Namib. (Russell Crowe sal ook in die fliek te sien wees.)
Hoe gaan pres. Jacob Zuma die R7,8 miljoen terugbetaal wat hy vir die opknapping van Nkandla skuld?
Hy gaan dit uit sy spaarrekening trek.
Hy gaan sy vakansiehuis aan die KwaZulu-Natalse Suidkus verkoop.
Hy gaan dit by die bank leen.
Zuma gaan sy skuld betaal met die hulp van ’n lening van VBS Mutual Bank (die ou Venda-bouvereniging).
Zuma gaan sy skuld betaal met die hulp van ’n lening van VBS Mutual Bank (die ou Venda-bouvereniging).
Wie het die SA vlag by die openingseremonie van die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro gedra?
Chad le Clos
Akani Simbine
Wayde van Niekerk
Wayde van Niekerk, wêreldkampioen in die 400 m, het die SA span gelei.
Wayde van Niekerk, wêreldkampioen in die 400 m, het die SA span gelei.
€�n Emirates-vlug het Woensdag ’n gevaarlike noodlanding in Doebai uitgevoer terwyl die Boeing 767 aan die brand was. Waaroor is die passasiers gekritiseer?
Die ontruiming is vertraag omdat hulle eers hul kajuittasse uit die oorhoofse bagasiehokkies wou tel.
Die glybane by die nooduitgang is in gevaar gestel omdat baie vroue nie hul spykerhakskoene eers wou uittrek nie.
Die ontruiming is vertraag omdat een passasier eers gou ’n Pokémon wou vang wat aan boord geskuil het.
Terwyl die vliegtuig gebrand en rook die kajuit gevul het, het baie passasiers steeds eers hul bagasie uitgehaal (en so die ontsnappingspad versper) voor hulle die vliegtuig verlaat het. Gelukkig is al die passasiers uiteindelik veilig ontruim.

Watter party het vandeesweek die munisipale verkiesing in Nkandla gewen?
IVP
ANC
EFF
Pres. Jacob Zuma sal voortaan moet woon in ’n kiesafdeling wat deur die opposisie beheer word, want die Inkatha-Vryheidsparty het die afdeling by die ANC weggeraap.
Pres. Jacob Zuma sal voortaan moet woon in ’n kiesafdeling wat deur die opposisie beheer word, want die Inkatha-Vryheidsparty het die afdeling by die ANC weggeraap.
Met watter bekende internasionale handelsmerk wil die rapper Kanye West nou op kreatiewe vlak saamwerk?
Ferrari
Ikea
Dolce & Gabbana
Kanye West skimp al lank dat hy met Ikea wil saamwerk. Maar terwyl die Sweedse maatskappy hom nog nie ’n jop aangebied het nie, geniet sosiale media die storie gate uit met skreeusnaakse idees vir meubelstukke wat Kanye kan ontwerp, soos ’n stoel met twee sitplekke om mev. West se gul sitvlak te akkommodeer.

Hoekom het Donald Trump ’n baba by ’n Republikeinse byeenkoms uitgeskop?
Die baba se ma het ’n Moslemkleed gedra.
Die baba het gehuil.
Die baba het ’n mussie opgehad wat soos The Donald se haarkapsel gelyk het.
€�Get that baby out of here,” het Donald ’n ma beveel nadat haar baba by ’n Republikeinse saamtrek begin huil het – en so ’n klomp Amerikaanse ma’s die duiwel in gemaak.
€�Get that baby out of here,” het Donald ’n ma beveel nadat haar baba by ’n Republikeinse saamtrek begin huil het – en so ’n klomp Amerikaanse ma’s die duiwel in gemaak.
Watter glanssjef open binnekort ’n restaurant in Johannesburg?
Wolfgang Puck
Jamie Oliver
Reuben Riffel
Jamie Oliver se restaurant Jamie’s Italian maak sy deure in September in Melrose Arch oop.
Jamie Oliver se restaurant Jamie’s Italian maak sy deure in September in Melrose Arch oop.
{"name":"Nuusvasvra – Week van 30 Julie", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"’n Twiet deur die Wes-Kaapse premier Helen Zille het net ná die munisipale verkiesing ’n storm veroorsaak. Waaroor het sy mond uitgespoel?, Zille se twiet was in reaksie op UK-studente wat in die Cape Argus na hul universiteit as ’n “teësinnige tuiste” verwys het. \"If this woke bunch hate being UCT students so much, please help them out of their misery and withdraw their funding,\" het sy getwiet., Waar in Suid-Afrika is daar ’n ski-oord wat vandeesweek onbereikbaar was weens te veel sneeu?","img":"https://www.quiz-maker.com/3012/images/ogquiz.png"}
Powered by: Quiz Maker