Huisgenoot-nuusvasvra: 6-12 April 2019

Wie is die nuwe aanbieder van Noot vir Noot?
Emo Adams
Yolandi Visser
Jack Parow
Brexit is al weer uitgestel – met watter spesiale dag val Brittanje se beplande vertrek uit die Europese Unie nou saam?
Halloween
Aprilgek
D-dag
In watter atletiekkompetisie is twee mans verlede naweek dood?
Ironman in Port Elizabeth
Twee Oseane-marathon in Kaapstad
Midmar-myl in Howick
In watter land, waar daar pas ’n verkiesing was, het Suid-Afrika sy diplomatieke teenwoordigheid afgeskaal en sy ambassadeur herroep?
Israel
Libië
Viëtnam
Die Suid-Afrikaanse maatskappy Trellidor, wat veiligheidshekke vervaardig, het ’n groot internasionale kontrak losgeslaan. Wat behels dit?
Veiligheidshekke by Londen se moltreinstasies
Veiligheidshekke in die beoogde muur tussen Amerika en Mexiko
Veiligheidshekke op die grens tussen Noord- en Suid-Korea
Wat is die titel van die boek oor Ace Magashule, oudpremier van die Vrystaat, wat gemoedere so hoog laat loop dat eksemplare by ’n bekendstelling vernietig is?
Gangster State
Prankster State
MenAce
’n Jong boer het die jawoord gevra deur sy meisie op ’n helikopterrit te neem oor mielielande waarin die woorde “Trou met my” gepryk het. Hoe het hy dit reggekry om die woorde daar te laat verskyn?
Hy het die mielies drie maande vroeër met die hulp van ’n rekenaarprogram so geplant dat die landery die woorde sou uitspel.
Hy het die mielies eiehandig uitgekap sodat die landery die woorde sou spel.
Hy het eiehandig die mielies platgedruk sodat dit ’n “crop circle” kon vorm.
Watter oud-ster van 7de Laan vertolk ’n hoofrol in die nuwe TV-reeks Die Spreeus, wat vandeesweek afgeskop het?
Chris Vorster
Diaan Lawrenson
David Rees
En watter SA akteur, wat in Amerika woon en werk, gaan ook die rol speel van 'n speurder – dié slag in ’n fliek wat oor die opspraakwekkende Griekwastad-moorde gemaak word?
Arnold Vosloo
Gys de Villiers
Stelio Savante
Hoekom is die gewilde musiekfees Oppikoppie gekanselleer?
Die organiseerders is bekommerd oor misdaad by die fees.
Borge het onttrek omdat Steve Hofmeyr by die fees optree.
Daar is ’n groot gevaar dat ’n sikloon tydens die fees sal toeslaan.
Die blou Bulle durf hierdie naweek hul Superrugby-wedstryd teen die Reds aan in groen. Hoekom?
Hulle wil mense bewus maak van die werk wat Sanparke se wildbewaarders doen.
Hulle wil mense bewus maak van klimaatsverandering.
Ná kritiek deur sowel John Mitchell as André Markgraaf dat hulle sielkundig swak is, glo hulle groen gaan hulle tot ’n beter vertoning aanspoor.
Tasneem Wentzel van Kaapstad het haar M-verhandeling in geskiedenis oor die Gatsby geskryf. Wat is ’n Gatsby?
€�n Broodrolletjie gevul met polonie, slaptjips en ’n sousie
€�n Motor uit die 1920’s
€�n Windmakerige manier van stap eie aan Suid-Afrika se bendekultuur
Die aktrise Diaan Lawrenson het ’n nuwe werk. Wat is dit?
Sy gaan ’n akademiese loopbaan volg.
Sy verkoop eiendomme.
Sy val by Huisgenoot in as ’n vermaakjoernalis.
Hierdie foto het die afgelope week opspraak gewek. Wat is daarop?
€�n Gravitasiekolk
€�n Kunstenaarsvoorstelling van die komende SA verkiesing
€�n Impressionistiese foto van ’n oliebol
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 6-12 April 2019", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Wanneer laas het die Springbokke Nieu-Seeland in Nieu-Seeland geklop?, Wie of wat is Mangkhoet?, Watter ikoniese motor gaan ná 2019 nie meer vervaardig word nie?","img":"https://cdn.poll-maker.com/33-1124594/photoshop-advertensie.jpg?sz=1200"}
Powered by: Quiz Maker