Nuus-vasvra: week van 5-12 Augustus

Suid-Afrika het ’n bronsmedalje by die Olimpiese Sewes gewen. Watter land het die goue medalje gekry?
Japan
Brittanje
Fidji
Die swemmer Michael Phelps hou die rekord vir die meeste Olimpiese goue medaljes ooit in die moderne Olimpiese era. Hoeveel kan hy agter sy naam skryf?
22
21
19
Wie is nie ’n kandidaat vir die pos van die nuwe Openbare Beskermer nie?
Regter Siraj Desai
Adv. Dali Mpofu
Willie Hofmeyr
Gaan Suid-Afrika regtig nuwe nommerplate kry? Was die vraag op almal se lippe nadat teenstrydige berigte rondgevlieg het. Wat is die waarheid?
Ja, ons kry aanstaande jaar nuwe nommerplate.
Nee, die berigte is verkeerd, ons gaan nie nuwe nommerplate kry nie
Miskien; ’n voorstel is vir openbare kommentaar beskikbaar gestel.
In watter land het die akteur Ivan Zimmermann vandeesweek ’n bergfietsongeluk gehad?
Oezbekistan
Georgië
Azerbaidjan
Wie het vir SA se eerste Olimpiese medalje gesorg?
Cameron van der Burgh
Chad le Clos
Blitsbokke
Die Britse sanger Ozzy Osbourne het pas erken hy ly aan seksverslawing, ’n toestand waardeur heelparty bekendes geteister word. Watter bekende hieronder ly egter nié daaraan nie?
Charlie Sheen
Tiger Woods
Arnold Schwarzenegger
Watter gewilde liedjie oor Rio de Janeiro het skielik weer wêreldwyd ’n treffer geword danksy die Olimpiese Spele?
The Girl from Ipanema
Copacabana
Rendezvous in Rio
Hoekom was pres. Barack Obama se dogter, Malia, vandeesweek in die pekel?
Sy het ’n glo daggazol by ’n musiekkonsert gerook.
Sy het glo vieruur die oggend by ’n kêrel se woonstel uitgesluip.
Sy het glo ses vodkas in ’n klub weggeslaan.
Wat was die oorsaak van die groen water in die duik-swembad by Rio?
Te min alkalië
Alge
Groen verf
Hoe oud kan Groenland-haaie volgens die nuutste navorsing word?
250 jaar
120 jaar
400 jaar
Hoeveelste het Chad le Clos gekom in die Olimpiese 200 m-vlinderslag?
Tweede
Derde
Vierde
{"name":"Nuus-vasvra: week van 5-12 Augustus", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Die swemmer Michael Phelps hou die rekord vir die meeste Olimpiese goue medaljes ooit die afgelope meer as 2 000 jaar. Hoeveel kan hy agter sy naam skryf?, Suid-Afrika het ’n bronsmedalje by die Olimpiese Sewes gewen. Watter land het die gouemedalje gekry?, Wie is nie ’n kandidaat vir die pos van die nuwe Openbare Beskermer nie?","img":"https://www.quiz-maker.com/3012/images/ogquiz.png"}
Powered by: Quiz Maker