Huisgenoot-nuusvasvra: 20-26 Maart 2017

€�n Video waarin ’n ma en ’n pa mekaar in ’n Johannesburgse eetplek uitskel, het opnuut tot ’n landwye gesprek oor die aard van rassisme en chauvinisme gelei. In watter restaurant het die voorval plaasgevind?
Spur
Steers
St Elmo's
Pres. Donald Trump en die akteur en oud-politikus Arnold Schwarzenegger is dikwels haaks op Twitter. Wat was verlede week die nuutste twiet in dié twoorlog?
Arnold het gespot met Donald se superlae gewildheidsyfer van 37 persent nadat Donald smalend was oor die laer kyksyfers van die TV-program Apprentice, wat Arnold by hom oorgeneem het.
Arnold het Donald die Terminator van Amerika genoem.
Donald het gesê hy gaan Arnold uit die Republikeinse Party skop.
Wat is die naam van die Londense brug waar ’n vermeende terroris in ’n 4 x 4 tussen die voetgangers deurgeploeg het voor hy sy moordtog in die Britse parlement gaan voortsit het?
Westminster
London
Tower
Die 1995-rugbyheld Joel Stransky het in die hospitaal beland nadat hy van sy fiets afgeval het in die proloog van die moordende . . . -fietsren.
Cape Epic
Kaapstad
Telkom 947
Wie is die rykste mens op aarde, volgens Forbes se nuutste biljoenêr-lys?
Bill Gates
Warren Buffett
Mark Zuckerberg
Behandeling vir onvrugbaarheid het ’n nuwe hupstoot gekry danksy navorsing waarvolgens die gehalte van mans se semen in die toekoms tuis getoets sal kan word met die hulp van ’n . . .
Selfoon
Mikrogolfoond
Taai strokie spesiale papier
Watter siekte eis tans die lewe van die meeste Suid-Afrikaanse vroue, volgens Statistieke SA?
Diabetes
Hartsiekte
Borskanker
Karlien van Jaarsveld bly net in die nuus. Hoekom gons die media die afgelope dae oor haar?
Sy het stil-stil getrou.
Sy het besluit om die TV-program In Jou Skoene te verlaat
Sy is weer swanger.
Saterdagaand het baie Suid-Afrikaanse huishoudings hul ligte afgeskakel om Aarde-uur te handhaaf. Wat is die doel van Aarde-uur?
Om toewyding aan die planeet te wys, veral met betrekking tot aardverwarming.
Om krag te spaar.
Om Eskom kans te gee om broodnodige herstelwerk aan kragsentrales te doen..
Terug by Trump: Die Amerikaanse FBI-hoof, James B. Comey, het verlede Dinsdag ’n ongelooflike aankondiging gedoen: dat die FBI besig is met 'n ondersoek om vas te stel of . . .
Pres. Wladimir Poetin van Rusland die Amerikaanse 2016-verkiesing probeer beïnvloed het.
Oudpres. Barack Obama tydens die verkiesing afluisterapparate in Trump se New Yorkse kantoor geplant het.
Lede van Trump se verkiesingspan met Rusland geheul het om die 2016-verkiesing te beïnvloed.
Watter land is die gelukkigste land in die wêreld, volgens die nuutste Geluksverslag van die Verenigde Nasies?
Noorweë
Denemarke
Kanada
Watter twee rugbyspanne was die afgelope naweek Superrugby-wenspanne?
Bulle en Stormers
Blues en Stormers
Bulle en Sunwolves
Waarom is Eskom weer eens in ’n skandaal gehul?
Matshela Koko, waarnemende hoof, het aangekondig ons kry in die winter vanaf 1 Julie weer beurtkrag.
Matshela Koko, waarnemende hoof, se stiefdoger Koketso baat by kontrakte ter waarde van honderde miljoene.
Die oudhoof van Eskom, Brian Molefe, het ingeklim in die bestuurstyl van die huidige waarnemende hoof, Matshela Koko.
Demi-Leigh Nel-Peters is Sondag as Mej. SA gekroon. Met watter naskoolse kwalifikasie spog sy?
B.A.
B.Comm.
B.Sc.
In watter ander taal word die Afrikaanse fliek Eintlik Nogal Baie nou versprei?
Engels
Spaans
Zoeloe
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 20-26 Maart 2017", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Hoe goed het jy die afgelope week se nuus dopgehou?","img":"https://cdn.poll-maker.com/15-652920/facebook-collage-nuusvasvra-week-van-20-maart.jpg?sz=1200-00000003151000005300"}
Powered by: Quiz Maker