Huisgenoot-nuusvasvra: 2-8 Oktober 2018

Die finansminister, Nhlanla Nene, se pos is in die gedrang nadat dit bekend geword het dat hy in sy vorige termyn ’n paar keer stilletjies besoek afgelê het by . . .
Die Guptas in Saxonwold, Johannesburg.
President Wladimir Poetin in Moskou, Rusland.
€�n bordeel in Hatfield, Pretoria.
Wat is die titel van die gewilde speurskrywer Deon Meyer se nuwe Bennie Griessel-roman wat die winkels binnekort tref?
Prooi
Rooi
Dooi
Wat het gemeenskapswoede verlede week in Westbury, Johannesburg, laat oorkook?
Die dood van ’n vrou weens bendegeweld
Vullis wat ’n maand lank nie verwyder is nie
Korrupte raadslede
Watter bekende Suid-Afrikaanse politieke figuur her het pas sy 87ste verjaardag in die hospitaal gevier?
Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu
Die oud-Robbeneilander Andrew Mlangeni
Oudpresident F.W. de Klerk
Waaroor gaan die beplande Australiese fliek The Brighton Miracle?
Die Springbokke se geskiedkundige nederlaag teen Japan in die 2015-Wêreldbeker
Die reddingspoging van ’n seuntjie wat 14 uur lank onder die water in ’n motor vasgekeer was
Geloofsgenesing in Brighton, Engeland
Watter bekende sangeres se dispuut met oud-werknemers het by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie gaan draai?
Juanita du Plessis
Riana Nel
Leanie May
Wat is volgens ’n nuwe studie die grootste oorsaak van selfie-sterftes (mense wat sterf terwyl hulle selfies neem)?
Verdrinking
Val
Vervoer
Watter Oos-Kaapse dorp is tot Makhanda herdoop?
Grahamstad
King William’s Town
Queenstown
Waarvoor het twee navorsers van Amerika en Japan pas die Nobelprys vir geneeskunde gekry?
Hulle het ontdek hoe om die immuunstelsel te gebruik om kanker te beveg.
Hulle het ’n middel teen haarverlies ontwikkel wat 100 persent suksesvol is.
Hulle het ’n antibiotikum ontwikkel waarteen geen bakterie ooit weerstandig kan word nie.
Wat was ongewoon aan die skildery Meisie met Ballon deur die Britse kunstenaar Banksy?
Die skildery het homself versnipper net nadat dit vir R20 miljoen verkoop is.
Die skildery is van bloed gemaak en kan net in ’n koelkamer uitgestal word.
Pleks van ’n kwas het Banksy sy neus gebruik om die skildery mee te verf.
Nadia Valvekens is by Aardklop as beste aktrise bekroon vir haar rol in die stuk . . .
Huishou
Huisvrou
Vuishou
Met hoeveel grade het die temperatuur van die Aarde se oppervlak al toegeneem?
1 graad Celsius
1,5 grade Celsius
2 grade Celsius
Watter bekende sangeres speel die vroulike hoofrol in die nuwe weergawe van die fliek A Star Is Born?
Lady Gaga
Katy Perry
Beyoncé
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 2-8 Oktober 2018", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Wanneer laas het die Springbokke Nieu-Seeland in Nieu-Seeland geklop?, Wie of wat is Mangkhoet?, Watter ikoniese motor gaan ná 2019 nie meer vervaardig word nie?","img":"https://cdn.poll-maker.com/33-1124594/photoshop-advertensie.jpg?sz=1200"}
Powered by: Quiz Maker