Huisgenoot-nuusvasvra: 23-29 Oktober 2018

Watter album deur die sanger Refentse het pas die Huisgenoot-Tempo vir beste kontemporêre album gewen?
Deur My Venster
€�n Klop aan My Venster
Vrou by die Venster
Vir watter video het min. Malusi Gigaba die naweek om verskoning gevra?
€�n Video van homself van ’n seksuele aard
€�n Video waarin hy soesji van ’n vrou se lyf af eet
€�n Video waarin hy met ’n outomatiese geweer in die lug skiet
In watter kleur T-hemp het lede van die vakbond Solidariteit Donderdag in Sandton teen Sasol betoog?
Oranje
Rooi
Swart
Watter sangers was pas in gewapende misdaadvoorvalle betrokke (meer as een antwoord moontlik)?
André Schwartz
Nádine
Elizma Theron
Hoeveel DA-lede van die Kaapstadse stadsraad het verlede Donderdag bedank?
Drie
Vier
Vyf
Min. Tito Mboweni het in sy mini-begroting onder meer gesê dat die regering die waterkrisis in die . . . -rivier daadwerklik en dringend hanteer.
Vaal
Oranje
Olifants
Watter bekende akteur was onder die meer as 13 kritici van pres. Donald Trump aan wie pakkiebomme verlede week gepos is?
Robert de Niro
Jim Carrey
Meryl Streep
Wat is die naam van Brasilië se omstrede nuut verkose president?
Jair Bolsonaro
Enrique Peña Nieto
Nicolás Maduro
Watter oudkaptein van die Stormers gaan nou vir die Bulle speel?
Duane Vermeulen
Siya Kolisi
Eben Etzebeth
Watter bekende Suid-Afrikaanse kunstenaar se skildery ter waarde van miljoene is glo deur Ace Magashule aan sy voormalige lyfwag geskenk?
JH Pierneef
Maggie Laubser
Gerard Sekoto
Watter modeblapsie het Meghan, hertogin van Sussex, verlede week tydens die koninklike toer Doer Onder begaan?
Die ontwerper se etiket was nog aan haar rok vas toe sy op die rooi tapyt in Tonga verskyn.
Sy het ’n paar onelegante Ugg-stewels in Australië gedra.
Sy het in Fidji ’n spleetromp gedra wat deur die wind geskep en oopgewaai is.
Waar is die langste seebrug in die wêreld pas geopen?
Tussen Hongkong en die Chinese vasteland
Tussen die suidpunt van Argentinië en Antarktika
Tussen Denemarke en Swede
Watter Europese leier het sy/haar uittrede aangekondig?
Angela Merkel, Duitsland
Emmanuel Macron, Frankryk
Theresa May, Verenigde Koninkryk
Wie is Toanette Els?
Die eerste vrou wat tot die topvyf-boere van Boer Soek ’n Vrou deurgedring het
Een van die DA-lede wat by die hof selfies saam met Duduzane Zuma geneem het terwyl hulle eintlik veronderstel was om teen hom te betoog
Die meisie van Francois Jacobs, die akteur wat Sampie in die Huisgenoot-fliek Vir die Voëls gespeel het
Hoekom het ’n Suid-Afrikaanse polisieman verlede week na bewering met sy helikopter op ’n winkelsentrum-parkeerterrein in Queenstown geland?
Om iets te ete by KFC te gaan koop
Om ’n winkelklant wat ’n hartaangeval gehad het, inderhaas by ’n hospitaal uit te kry
Om ’n boef vas te trek wat hy tot daar agtervolg het
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 23-29 Oktober 2018", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Wanneer laas het die Springbokke Nieu-Seeland in Nieu-Seeland geklop?, Wie of wat is Mangkhoet?, Watter ikoniese motor gaan ná 2019 nie meer vervaardig word nie?","img":"https://cdn.poll-maker.com/33-1124594/photoshop-advertensie.jpg?sz=1200"}
Powered by: Quiz Maker