Oord Pionier
Medalje aansoeke

Kandidaat 1 is reeds vir 37 jaar `n lid van die Voortrekkers. Hy en sy gesin het in 2013 by XXX kommando betrokke geraak en `n span geneem. Hy is reeds vier jaar by die kommandobetrokke. Hy was Veldkornet vir die Verkenners, maar sy werk as XXX maak dit vir hom baie moeilik om op `n vaste grondslag en gereelde basis by Voortrekkerwerk en -aktiwiteite betrokke te wees. Wanneer dit egter moontlik is, stel hy sy kundigheid op die gebied van veiligheid en paraatheid tot ons beskikking. Op kommandokampe kon ons steun op sy kennis en ervaring van kampsekuriteit, iets wat spruit uit jare se betrokkenheid as kursusleier vir XXX by die XXX Verkennerkamp. Kandidaat 1 se gesindheid in die kommando is baie positief en hy is bereid om, binne die perke wat sy werk meebring, deel te neem aan enige taak wat hom opgelê word. Hy voldoen aan alle formele vereistes vir die toekenning waarvoor hy genomineer is en hy woon kommando-byeenkomste en vergaderings by wanneer dit ookal moontlik is. Die kommandobestuur het sy benoeming vir die Medalje vir Besondere Diens aan die Voortrekkers – Gemeenskap met `n baie groot meerderheid gesteun.
Ja - Kandidaat 1 kan die toekenning ontvang
Nee - verwys asb Kandidaat 1 se aansoek terug na die kommando
Kandidaat2 is reeds vir 31 jaar `n lid van die Voortrekkers. Sy het in 2013 by XXX kommando betrokke geraak en dit is haar vierde jaar as offisier in die kommando. Sy het aanvanklik twee graad R-spanne geneem en die ouer groepie in graad 1 behou. Toe hulle gesin onlangs `n baba ryker geword het, moes sy van haar take afskaal, maar sy het steeds met groot geesdrif gedoen wat moontlik was. Kandidaat 2 se werk- en gesinsomstandighede stel hoë eise aan haar, maar ten spyte daarvan is sy bereid om deel te neem aan enige taak wat haar opgelê word. Sy voldoen aan alle formele vereistes vir die toekenning waarvoor sy genomineer is en woon kommando-byeenkomste en vergaderings by wanneer dit ookal moontlik is. Die kommandobestuur het haar benoeming vir die Medalje vir Besondere Diens aan die Voortrekkers – Gemeenskap eenparig gesteun.
Ja - Kandidaat 2 kan die toekenning ontvang
Nee - verwys asb Kandidaat 2 se aansoek terug na die kommando
Kandidaat 3 is reeds vir 9 jaar `n lid van die Voortrekkers. Sy het in 2013 by XXX kommando betrokke geraak en het uit die staanspoor `n uiters konstruktiewe rol in die kommando gespeel. Haar betrokkenheid strek vanjaar reeds oor vier jaar. Sy het aanvanklik die span waarvan haar kind deel was geneem, maar gou verantwoordelikheid geneem vir nog `n span van dieselfde ouderdom. Sy is in 2014 as AKL verkies en het die verantwoordelikhede en take wat daarmee verband hou met baie groot entoesiasme aangepak. Sy maak `n groot verskil in die kommando deur haar goeie menseverhoudinge en uitstekende organisasievermoë. Dit is dikwels haar taak om met nuwe offisiere te skakel en om hulle touwys te maak. Kandidaat 3 se werk- en gesinsomstandighede stel hoë eise aan haar en dit het al daartoe gelei dat sy oorweeg het om eerder te bedank as om halwe werk te doen - `n aanduiding van haar gesindheid. Gelukkig het sy tog kans gesien om in die kommando met haar betrokkenheid vol te hou. Sy voldoen aan alle formele vereistes vir die toekenning waarvoor sy genomineer is en woon kommando-byeenkomste en vergaderings getrou by. Die kommandobestuur het haar benoeming vir die Medalje vir Besondere Diens aan die Voortrekkers – Gemeenskap met `n baie groot meerderheid gesteun.
Ja - Kandidaat 3 kan die toekenning ontvang
Nee - verwys asb Kandidaat 3 se aansoek terug na die kommando
Kandidaat 4 is `n heemraad en ouer in die kommando en geen taak wat hom opgelê word is te gering om met groot toewyding uitgevoer te word nie. Hy is reeds vir vier jaar `n lid van die Voortrekkers. Hy het in 2013 by XXX kommando betrokke geraak en stel geredelik sy kennis en tyd tot die kommando se beskikking. Sedert hulle as gesin by die kommando betrokke geraak het, het hy omtrent elke kommandokamp en `n menigte ander aktiwiteite bygewoon en soms was hy by die reëlings betrokke. Wanneer hy vir `n aspek van `n program verantwoordelikheid neem, is dit nie nodig om seker te maak dat daardie taak wel uitgevoer word nie. Hy is uiters betroubaar, baie entoesiasties en kundig op verskeie gebiede wat vir Die Voortrekkers nuttig is. Hy het op kommandokampe al verantwoordelikheid geneem vir alle klankbehoeftes, opgetree as veldkornet en gehelp in die kombuis. Daarbenewens kan `n mens hom byna enigiets vra en hy bly bereid om te help. Hy voldoen aan die formele vereistes vir die toekenning waarvoor hy genomineer is. Hy het die Spanhanteringskursus aanlyn voltooi en by die skryf van hierdie aanbeveling wag hy op die uitslae van die Gebiedskantoor af. Hy woon kommmando-byeenkomste getrou by. Die kommandobestuur het sy benoeming vir die Medalje vir Besondere Diens aan die Voortrekkers – Gemeenskap met `n baie groot meerderheid gesteun.
Ja - Kandidaat 4 kan die toekenning ontvang
Nee - verwys asb Kandidaat 4 se aansoek terug na die kommando
Kandidaat 5 is reeds vir vier jaar `n lid van die Voortrekkers. Sy het in 2013 by XXX kommando betrokke geraak toe sy die eerste span by ‘n naburige skool begin het. Sy is reeds vier jaar by die kommando betrokke. Sy het van die begin af `n uiters konstruktiewe rol in die kommando gespeel. Sy het aanvanklik die span waarvan haar kind deel was geneem, maar sy het met die grootste toewyding begin om kinders en offisiere te werf om Die Voortrekkers by die Laerskool te vestig. Die spanne daar het gegroei tot `n Veldkornetskap wat `n integrale deel van die kommando vorm. Kandidaat 5 doen moeite om haar span na GGA-dae en kampe te neem en om hulle aan alle moontlike Voortrekkeraktiwiteite te laat deelneem. Sy voldoen aan alle formele vereistes vir die toekenning waarvoor sy genomineer is en woon kommando-byeenkomste en vergaderings getrou by. Die kommandobestuur het haar benoeming vir die Medalje vir Besondere Diens aan die Voortrekkers – Gemeenskap eenparig gesteun.
Ja - Kandidaat 5 kan die toekenning ontvang
Nee - verwys asb Kandidaat 5 se aansoek terug na die kommando
Kandidaat 6 is reeds vir 15 jaar `n lid van die Voortrekkers. Sy het in 2012 by XXX kommando betrokke geraak en is reeds vyf jaar by die kommando betrokke. Sy het aanvanklik as spanoffisier en later as deel van die Dagbestuur `n uiters konstruktiewe rol in die kommando gespeel. Sy is in 2015 as AKL verkies en het die verantwoordelikhede en take wat daarmee verband hou met baie groot entoesiasme aangepak. Sy skakel effektief met mede-offisiere en is altyd bereid om as toetsoffisier by spanne te gaan help of enige ander take wat aan haar opgelê word, uit te voer. Sy voldoen aan alle formele vereistes vir die toekenning waarvoor sy genomineer is en woon kommando-byeenkomste en vergaderings getrou by. Die kommandobestuur het haar benoeming vir die Medalje vir Besondere Diens aan die Voortrekkers – Gemeenskap eenparig gesteun.
Ja - Kandidaat 6 kan die toekenning ontvang
Nee - verwys asb Kandidaat 6 se aansoek terug na die kommando
{"name":"Oord Pionier Medalje aansoeke", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Kandidaat 1 is reeds vir 37 jaar `n lid van die Voortrekkers. Hy en sy gesin het in 2013 by XXX kommando betrokke geraak en `n span geneem. Hy is reeds vier jaar by die kommandobetrokke. Hy was Veldkornet vir die Verkenners, maar sy werk as XXX maak dit vir hom baie moeilik om op `n vaste grondslag en gereelde basis by Voortrekkerwerk en -aktiwiteite betrokke te wees. Wanneer dit egter moontlik is, stel hy sy kundigheid op die gebied van veiligheid en paraatheid tot ons beskikking. Op kommandokampe kon ons steun op sy kennis en ervaring van kampsekuriteit, iets wat spruit uit jare se betrokkenheid as kursusleier vir XXX by die XXX Verkennerkamp. Kandidaat 1 se gesindheid in die kommando is baie positief en hy is bereid om, binne die perke wat sy werk meebring, deel te neem aan enige taak wat hom opgelê word. Hy voldoen aan alle formele vereistes vir die toekenning waarvoor hy genomineer is en hy woon kommando-byeenkomste en vergaderings by wanneer dit ookal moontlik is. Die kommandobestuur het sy benoeming vir die Medalje vir Besondere Diens aan die Voortrekkers – Gemeenskap met `n baie groot meerderheid gesteun., Kandidaat2 is reeds vir 31 jaar `n lid van die Voortrekkers. Sy het in 2013 by XXX kommando betrokke geraak en dit is haar vierde jaar as offisier in die kommando. Sy het aanvanklik twee graad R-spanne geneem en die ouer groepie in graad 1 behou. Toe hulle gesin onlangs `n baba ryker geword het, moes sy van haar take afskaal, maar sy het steeds met groot geesdrif gedoen wat moontlik was. Kandidaat 2 se werk- en gesinsomstandighede stel hoë eise aan haar, maar ten spyte daarvan is sy bereid om deel te neem aan enige taak wat haar opgelê word. Sy voldoen aan alle formele vereistes vir die toekenning waarvoor sy genomineer is en woon kommando-byeenkomste en vergaderings by wanneer dit ookal moontlik is. Die kommandobestuur het haar benoeming vir die Medalje vir Besondere Diens aan die Voortrekkers – Gemeenskap eenparig gesteun., Kandidaat 3 is reeds vir 9 jaar `n lid van die Voortrekkers. Sy het in 2013 by XXX kommando betrokke geraak en het uit die staanspoor `n uiters konstruktiewe rol in die kommando gespeel. Haar betrokkenheid strek vanjaar reeds oor vier jaar. Sy het aanvanklik die span waarvan haar kind deel was geneem, maar gou verantwoordelikheid geneem vir nog `n span van dieselfde ouderdom. Sy is in 2014 as AKL verkies en het die verantwoordelikhede en take wat daarmee verband hou met baie groot entoesiasme aangepak. Sy maak `n groot verskil in die kommando deur haar goeie menseverhoudinge en uitstekende organisasievermoë. Dit is dikwels haar taak om met nuwe offisiere te skakel en om hulle touwys te maak. Kandidaat 3 se werk- en gesinsomstandighede stel hoë eise aan haar en dit het al daartoe gelei dat sy oorweeg het om eerder te bedank as om halwe werk te doen - `n aanduiding van haar gesindheid. Gelukkig het sy tog kans gesien om in die kommando met haar betrokkenheid vol te hou. Sy voldoen aan alle formele vereistes vir die toekenning waarvoor sy genomineer is en woon kommando-byeenkomste en vergaderings getrou by. Die kommandobestuur het haar benoeming vir die Medalje vir Besondere Diens aan die Voortrekkers – Gemeenskap met `n baie groot meerderheid gesteun.","img":"https://www.quiz-maker.com/3012/images/ogquiz.png"}
Powered by: Quiz Maker