Huisgenoot-nuusvasvra: week van 12 Junie 2017

Watter guns het min. Malusi Gigaba vroeër aan die Guptas bewys wat hom die afgelope week in die sop laat beland het?
Hy het burgerskap aan hulle toegestaan sonder dat hulle aan die nodige vereistes voldoen het.
Hy het gereël dat hulle ’n militêre voertuig mag besit, al is dit teen die wet.
Hy het hulle gehelp om ’n dranklisensie vir die Saxonwold-sjebien te bekom.
Min. Nathi Mthethwa het gewonder of Suid-Afrika sy naam behoort te verander. Watter nuwe naam vir ons land is daarna deur politieke groepe as ’n moontlikheid genoem?
Azanië
Mzansi
KwaKaroo
Wat is die naam van die woonstelgebou in Londen waarin minstens 79 mense in ’n brand omgekom het?
Grenfell-toring
Londen-toring
Eiffel-toring
Watter ooreenkoms het Helen Zille en Mmusi Maimane ná haar gewraakte kolonialisme-twiets bereik?
Zille het onvoorwaardelik om verskoning gevra en uit alle besluitnemende DA-strukture getree, maar bly aan as Wes-Kaapse premier.
Zille het uit alle besluitnemende DA-strukture getree en is as Wes-Kaapse premier afgedank.
Zille het onvoorwaardelik om verskoning gevra maar haar rol in die DA bly onveranderd.
Waarna het pres. Donald Trump verwys toe hy die afgelope week getwiet het dat hy die slagoffer van ’n “heksejag” is?
€�n Ondersoek wat geloods is om vas te stel of Trump hom skuldig gemaak het aan dwarsboming van die gereg deur die FBI-hoof af te dank as gevolg van lg. Se ondersoek na Russiese inmenging by verlede jaar se Amerikaanse verkiesing.
€�n Amptelike klag van seksuele teistering wat teen hom gelê is deur ’n groep van 28 vroue wat hom deur die jare van onbetaamlike gedrag teenoor hulle beskuldig het.
Die media se hardnekkige kritiek van die manier waarop hy die land regeer.
Wat is die naam van die leier van ons buurstaat Lesotho wat Vrydag ingesweer is?
Thomas Thabane
Pakalitha Mosisili
Koning Mswati die Derde
Wat was die helder, wit bal wat mense in Gauteng, die Vrystaat en KwaZulu-Natal Donderdagoggend vroeg deur die lug sien trek het?
€�n Meteoor wat kort daarna op ’n suikerplantasie in die KwaZulu-Natalse Middellande te lande gekom het.
€�n Stuk ruimterommel afkomstig van die Chinese lanseertuig Long March-4B, wat die KwaZulu-Natalse dorp Richmond net-net gemis het.
€�n Verskietende ster
Watter Suid-Afrikaanse pa-en-seun-span speel in die komende Marvel-superheldfliek Black Panther, waarvan die eerste lokprent die afgelope week uitgereik is?
John en Atandwa Kani
Kole en Akin Omotoso
Herman en Ludwig Binge
Elf lidmate wat die NG Kerk se 2016-besluit oor selfdegeslaghuwelike in die hof wil uitdaag, het die afgelope week hul aansoek ingedien. Watter oudredakteur van die Kerkbode is onder die vier applikante wat die lidmate verteenwoordig?
Dr. Frits Gaum
Johann Symington
Jean Oosthuizen
Wie het volgens ’n geheime video aan die middelman in ’n huurmoord gesê: “Dit het ontvoering geword en ’n moord pleks daarvan om dit net ’n roof buite die huis te maak.”
Christopher Panayiotou van Port Elizabeth, wat daarvan beskuldig word dat hy sy vrou, Jade, laat vermoor het.
Petina Coetzee van Kaapstad, wat daarvan verdink word dat sy haar man, Austin, wou laat vermoor.
Maria Ferreira van Mosambiek, wat na bewering haar man, Carlos, wou laat vermoor het.
Die Discovery-kanaal gaan ’n swemwedstryd met ’n verskil reël: tussen die Olimpiese swemheld Michael Phelps en . . .
€�n witdoodhaai
€�n swartmarlyn
€�n blouwalvis
Wat is die bynaam van die sanger Anton Goosen, wat pas afgehaak het met sy vriendin van vele jare, Estie Geldenhuys?
Liedjieboer
Kruidjie-roer-my-nie
Boy van die Suburbs
Wat was die uitslag van die hofsaak waarin die Amerikaanse komediant Bill Cosby van seksuele aanranding beskuldig is?
Cosby is skuldig bevind.
Cosby is onskuldig bevind.
Die saak is uitgegooi omdat die jurie nie kon besluit of Cosby skuldig is of nie.
Wat het prinses Diana NIE gesê nie op geheime bandopnames wat die afgelope week aan die lig gekom het?
Sy het enkele maande ná haar sprokiestroue met prins Charles haar polse weens depressie probeer sny.
Sy het van die begin af geweet prins Charles se hart behoort aan Camilla Parker-Bowles, met wie hy vandag getroud is.
Prins Charles is nie prins Harry se biologiese pa nie.
Watter liedjie het die Amerikaanse National Music Publishers Association op sy eeufees as die Lied van die Eeu (1917-2017) aangewys?
Imagine – John Lennon en Yoko Ono
Yellow – Coldplay
Tangled Up in Blue – Bob Dylan
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: week van 12 Junie 2017", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Watter guns het min. Malusi Gigaba vroeër aan die Guptas bewys wat hom die afgelope week in die sop laat beland het?, Min. Nathi Mthethwa het gewonder of Suid-Afrika sy naam behoort te verander. Watter nuwe naam vir ons land is daarna deur politieke groepe as ’n moontlikheid genoem?, Wat is die naam van die woonstelgebou in Londen waarin minstens 79 mense in ’n brand omgekom het?","img":"https://www.quiz-maker.com/3012/images/ogquiz.png"}
Powered by: Quiz Maker