Huisgenoot-nuusvasvra: 5-11 Februarie 2019

Wat is die naam van die akteur Armand Aucamp se kookprogram op die TV-stasie VIA?
Armand Kook Kaal
Armand Kook Dhal
Armand Kook ’n Maal
In sy staatsrede het pres. Cyril Ramaphosa aangekondig dat ’n misdaadondersoekeenheid soortgelyk aan die ou . . . Heringestel gaan word.
Skerpioene
Spinnekoppe
Tsetsevlieë
In Amerika het pres. Donald Trump ook ’n staatsrede gehou. Watter kleur het 106 van die 116 vroulike Kongreslede by die geleentheid gedra?
Wit
Swart
Rooi
Watter opspraakwekkende ontdekking is by die Plettenbergbaaise kus gedoen?
Aardgas
€�n Ondersese vulkaan
€�n Nuwe spesie koraalrooi frilletjieseekat
Om watter bekende Hollywoodster het ’n rasseherrie losgebars nadat hy onthul het dat hy in ’n stadium ’n swart man wou vermoor?
Liam Neeson
Mel Gibson
Charlie Sheen
Vir watter Superrugbyspan speel Pieter-Steph du Toit, wat pas vir die tweede keer in drie jaar as Speler van die Jaar aangewys is?
Stormers
Haaie
Bulle
Hoekom het Eskom se webtuiste Maandag vir ’n ruk in duie gestort?
Mense wou meer oor beurtkrag uitvind.
Die webtuiste is die afgelope jare net so swak soos die kragstasies onderhou.
Dis deur woedende kuberkrakers binnegeval.
Watter Suid-Afrikaners het die afgelope naweek hul derde Grammy losgeslaan?
Soweto Gospel Choir
Ladysmith Black Mambazo
Die Antwoord
Besonderhede oor Meghan Markle se gespanne verhouding met haar pa is anoniem en sonder paleismedewete deur . . . Aan die Amerikaanse tydskrif People uitgelap.
Vriende van Meghan
Meghan self
Meghan se ma, Doria Ragland
Aan watter seldsame toestand ly die sangeres Karlien van Jaarsveld se baba Elah, wat pas ’n operasie daarvoor ondergaan het?
Bloedklontvorming in die poortaar
Vernoude aortaklep
Vog op die longe
Die SA ster Sjo Madjozi is opgeneem in die internasionale glanstydskrif Vogue se lys van 100 vroue om in 2019 dop te hou. As wat is sy veral bekend?
Kletsrymer
Aktrise
Model
Die Amerikaanse deelstaat Hawaii oorweeg wetgewing wat die minimumouderdom vir verbruik van . . . tot 100 wil verhoog.
Sigarette
Dagga
Alkohol
Merle Groenewald van Kaapstad is die eiser in ’n Britse hofsaak omdat haar linkeroog verblind is nadat . . .
€�n Ontkleedanser sy broek laat waai en dit haar in die oog getref het.
Iemand in sy slaap ’n motor bestuur en teen haar vasgery het.
Haar hoteltoilet pleks van spoel ontplof het toe sy dit wou afdruk.
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 5-11 Februarie 2019", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Wanneer laas het die Springbokke Nieu-Seeland in Nieu-Seeland geklop?, Wie of wat is Mangkhoet?, Watter ikoniese motor gaan ná 2019 nie meer vervaardig word nie?","img":"https://cdn.poll-maker.com/33-1124594/photoshop-advertensie.jpg?sz=1200"}
Powered by: Quiz Maker