Huisgenoot-nuusvasvra: 15-21 Julie 2017

Wie is ná verlede naweek onderskeidelik Wimbledon se vroue- en mans-tenniskampioen?
Roger Federer en Garbine Muguruza
Roger Federer en Venus Williams
Marin Čilić en Venus Williams
Wat het die 7de Laan-aktrise Carina Nel (dr. Alexa Welman) oorgekom terwyl die sepie se span besig was om ’n vliegramp te verfilm?
Sy het tussen boomtakke deurgehardloop, op ’n klip gegly en haar arm gebreek.
Sy het groen verkleur nadat sy in ’n nagemaakte bospoeletjie met kleurstof geval het.
€™n Ambulans is ontbied nadat sy haar voet op ’n stuk glas gesny het, maar pleks van haar voet het die paramedici dadelik die nagemaakte ‘wonde’ begin behandel wat met grimering op haar gesig aangebring was.
Wat is die naam van die jong Suid-Afrikaner wat verlede Saterdag die wêreldrekordhouer in hoogspring by die o.18-wêreldkampioenskap in Nairobi, Kenia, geword het?
Breyton Poole
Breyton Paulse
Breyton Pule
Watter bekende Britse koninklike het Maandag 70 jaar oud geword?
Prins Charles
Camilla, hertogin van Cornwall
Prinses Anne
GHB was die afgelope week in die nuus. Wat is dit?
€™n Dwelm wat ook as Liquid G bekendstaan
€™n Haartang
€™n Gupta-maatskappy
€™n Faksie in die ANC het glo vir pres. Jacob Zuma ’n som geld én amnestie aangebied om as president uit te tree. Hoeveel geld?
R500 miljoen
R1 biljoen
R2 biljoen
Watter span pryk tans boaan die Superrugby-punteleer?
Leeus
Stormers
Crusaders
Genl.maj. Patrick Mbotho, provinsiale speurhoof in die Wes-Kaap, is in die sop nadat hy ’n pornografiese videogreep met WhatsApp per abuis na . . . Gestuur het.
Die buurtwag van sy voorstad
€™n Ouergroep by sy kinders se skool
Die speurders wat aan hom rapporteer
Hoeveel politieke moorde het altesaam sedert Maart 2014 in KwaZulu-Natal plaasgevind?
69
79
89
Die egpaar Simon en Claudia Witbooi het aangekondig dat hulle ouers gaan word. Wat is die twee se verhoogname?
HemelBesem en Yoma
Black Coffee en Mbali
Die Kaptein en Tenille
Die nuutste inflasiesyfer is 5,1 persent, maar kosinflasie is 6,7 persent. Wat is die grootste rede vir laasgenoemde?
€™n Styging in vleispryse
€™n Styging in die prys van koffie en tee
€™n Styging in die prys van lekkers en poeding
Dunay Darren het hierdie skattige foto van haar en manlief Kurt se oudste, Kyrah, op sosiale media gedeel. Waar was dit die afgelope ruk so koud dat hulle in sneeu kon speel?
Naby McGregor in die Wes-Kaap
Op ’n gletser naby Innsbruck in Oostenryk
By ’n ski-oord in Nieu-Suid-Wallis, Australië
Amor Vittone is besig om ’n boek te skryf – waaroor?
€™n Soort outobiografie waarin sy die waarheid blootlê oor die verhouding tussen haar en Joost van der Westhuizen, asook die vete tussen haar en Joost se familie ná Joost se dood
€™n Inspirerende boek vir ander enkelma’s met wenke oor ouerskap, geldsake, romanse en die balans tussen werk en lewe
€™n Speurroman wat in die musiek- en rugbywêreld afspeel
Die berugte Amerikaanse oud-voetbalspeler en akteur O.J. Simpson het Donderdag ná nege jaar parool gekry. Hoekom was hy in die tronk?
Hy het sy eksvrou, Nicole Brown, en haar vriend, Ron Simpson, vermoor.
Hy het ’n rooftog in ’n Las Vegas-casino uitgevoer om sportgedenkwaardighede te bekom wat hy gesê het aan hom behoort.
Hy het ’n motorbestuurder ernstig beseer in ’n aanval van padwoede.
Wat mag beslis nie in die Katolieke kerk tydens die nagmaal gebruik word nie, aldus ’n boodskap wat pous Franciskus aan priesters en biskoppe oor die wêreld heen gestuur het?
Alkoholvrye wyn
Glutenvrye brood
Laekoolhidraat-brood
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 15-21 Julie 2017", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Wie is ná verlede naweek onderskeidelik Wimbledon se vroue- en mans-tenniskampioen?, Wat het die 7de Laan-aktrise Carina Nel (dr. Alexa Welman) oorgekom terwyl die sepie se span besig was om ’n vliegramp te verfilm?, Wat is die naam van die jong Suid-Afrikaner wat verlede Saterdag die wêreldrekordhouer in hoogspring by die o.18-wêreldkampioenskap in Nairobi, Kenia, geword het?","img":"https://cdn.poll-maker.com/19-771633/dunay-en-dogtertjie.jpg?sz=1200-00000010751000007505"}
Powered by: Quiz Maker