Huisgenoot-nuusvasvra: 25-31 Mei 2019

Watter opposisieleier het tot almal se verbasing ’n pos in pres. Cyril Ramaphosa se kabinet gekry?
Patricia de Lille
Mmusi Maimane
Julius Malema
Karli, ’n Binnelanders-verpleegster, is in ’n motorongeluk dood. Deur watter aktrise is sy vertolk?
Pascal Pienaar
Cindy Swanepoel
Lindsey Abrahams
Watter minister is kort voor die aankondiging van die kabinet deur die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, daaraan skuldig bevind dat hy onbehoorlik en ongrondwetlik opgetree het?
Pravin Gordhan
Tito Mboweni
Bheki Cele
Saam met wie het die oudpremier Helen Zille die afgelope week tee gedrink ná haar twiets verlede week oor ‘swart bevoorregting’?
Thuli Madonsela
Cyril Ramaphosa
Max du Preez
Wie is Eoin Morgan?
Kaptein van Engeland se krieketspan
Een van die gunstelinge om die Britse premierskap by Theresa May oor te neem
Suid-Afrika se nuwe minister van omgewingsake
Robert Mueller, wat twee jaar lank onder meer ’n moontlike verband tussen pres. Donald Trump se verkiesingsveldtog en heulery met Rusland ondersoek het, het vandeesweek sy swye oor die ondersoek verbreek. Hy het onder meer gesê:
€�As ons seker was dat die president nie ’n misdaad gepleeg het nie, sou ons so gesê het.”
€�Die president was reg: die ondersoek was ’n heksejag.”
€�Die president het met die Russe geheul.”
Hoe oud het die sepie Getroud met Rugby die afgelope week geword?
5 jaar
10 jaar
12 jaar
Minstens 11 mense is die afgelope weke dood te midde van samedromming by watter natuurwonder?
Die piek van berg Everest
Die Victoria-waterval
Die Groot Barrière-rif
Hoeveel skadevergoeding moet die EFF aan Trevor Manuel betaal nadat die hof bevind het hulle het lasterlike en vals bewerings oor Manuel gemaak?
R50 000
R250 000
R500 000
Waarop moet Suid-Afrikaanse ondernemings van 1 Junie af begin belasting betaal?
Koolstof (hoe meer kweekhuisgasse hulle die lug inpomp, hoe meer taks)
Beloning-terugbetalings (belasting op ‘kickbacks’)
Robotte (belasting op meganisering wat werkgeleenthede verminder)
Die karakter Esti van 7de Laan (vertolk deur Reandi Grey) het omtrent geoefen om gewig af te skud, maar wat het veroorsaak dat sy soveel gewig aangesit het?
Reandi was in werklikheid swanger.
Reandi moes gewig aansit vir ’n toneelstuk waarin sy ’n vetsugtige karakter vertolk het.
Reandi moes kortisoon neem wat haar lyf laat opswel het.
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 25-31 Mei 2019", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Wanneer laas het die Springbokke Nieu-Seeland in Nieu-Seeland geklop?, Wie of wat is Mangkhoet?, Watter ikoniese motor gaan ná 2019 nie meer vervaardig word nie?","img":"https://cdn.poll-maker.com/33-1124594/photoshop-advertensie.jpg?sz=1200"}
Powered by: Quiz Maker