Nuusvasvra: week van 26 September

Watter nuus het die aktrise en aanbieder Eloise Cupido verlede week op sosiale media gedeel?
Sy is swanger.
Haar nuwe album word binnekort uitgereik.
Sy gaan vir CNN as aanbieder werk.
Die 16-jarige Kiara Nirghin van Gauteng is as die algehele wenner van Google se internasionale Science Fair aangewys. Wat is die doel van haar wenprojek?
Om droogte met lemoenskille te bestry
Om brandstof van hoendervere te vervaardig
Om loodbesmette water met seeskulpe te reinig
Foto’s van ’n aansienlik swaarder Charlize Theron het verlede week in die media verskyn. Wat is waarskynlik die rede vir al die ekstra kilogramme?
Sy het gewig aangesit vir haar rol in haar nuwe fliek, Tully.
Sy het van ’n luilekker vakansie teruggekeer.
Sy moet medikasie drink wat haar lyf effens laat opswel.
Watter slegte nuus het die krieketspeler AB de Villiers verlede week gekry?
Sy elmboogbesering gaan hom daarvan weerhou om aan die internasionale eendagwedstrydreeks tuis en toetsreeks weg teen Australië deel te neem.
€�n Boef het by sy huis ingebreek en al sy krieket-gedenkwaardighede gesteel.
Die verkope van sy boek, AB: Die Outobiografie, is glad nie na wense nie.
Watter Afrikaanse fliek is aangewys as Suid-Afrika se amptelike inskrywing vir aanstaande jaar se Oscars?
Dis Koue Kos, Skat
Noem My Skollie
Sink
By watter universiteit is klasse verlede week nié opgeskort weens studentebetogings nie?
Universiteit van die Witwatersrand
Universiteit van Kaapstad
Universiteit van Johannesburg
Watter dier is verlede week uit ’n park in Port Elizabeth gesteel en vrygelaat?
€�n Brilpikkewyn
€�n Ystervark
€�n Boomaap
Wat het Hlaudi Motsoaneng onderneem om in sy nuwe pos by die SABC te doen?
Om minder met homself te spog
Om vele partytjies, ontbyte en onthale te hou en alles gate uit te geniet
Om R50 miljoen te spaar
Wat het Donald Trump gesê toe Hillary Clinton hom in verlede week se presidentsdebat daarvan beskuldig dat hy nie belasting betaal nie?
"Net nog ’n Hillary-leuen.”
€�Dit wys net hoe slim ek is.”
€�Ek betaal so baie onderhoud aan my eksvroue dat ek nie genoeg oor het om vir die belastingman te gee nie.”
Verashni Pillay is aangewys as die eerste redakteur van die SA weergawe van die digitale publikasie The Huffington Post. Van watter koerant is sy tans hoofredakteur?
Mail & Guardian
Sunday Times
Pretoria News
Watter wilde dier het sy status as ernstig bedreigde spesie by verlede week se Cites-konferensie verloor?
Kaapse bergsebra
Olifant
Olifant Ietermagog
€�n 21-jarige konstruksiewerker is as die grootste ongeluksvoël in Australië bestempel nadat hy vir die tweede keer binne vyf maande deur ’n giftige spinnekop aan sy geslagsdele gebyt is terwyl hy op ’n draagbare toilet gesit het. Watter soort spinnekop het hom gebyt?
Knopiespinnekop
Wolfspinnekop
Muisspinnekop
€�n Internasionale kuberkraakgroep maak al die afgelope weke vertroulike mediese inligting van internasionale atlete bekend. Verlede week het die SA swemmer Cameron van der Burgh aan die beurt gekom. Wat noem die kuberkraakgroep hulleself?
Bad Boys
Fancy Bears
Web Wolves
Die eerste baba ooit met drie ouers is gebore danksy ’n tegniek waarin die DNS van drie ouers gekombineer word – en so is voorkom dat die baba dodelike genetiese toestand Leigh-sindroom by sy ma erf. Wat het die skenker tot die omstrede tegniek bygedra?
€�n Eiertjie waarvan die kern verwyder is
Die kern van ’n eiertjie
Sperm
{"name":"Nuusvasvra: week van 26 September", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Watter nuus het die aktrise en aanbieder Eloise Cupido verlede week op sosiale media gedeel?, Die 16-jarige Kiara Nirghin van Gauteng is as die algehele wenner van Google se internasionale Science Fair aangewys. Wat is die doel van haar wenprojek?, Foto’s van ’n aansienlik swaarder Charlize Theron het verlede week in die media verskyn. Wat is waarskynlik die rede vir al die ekstra kilogramme?","img":"https://www.quiz-maker.com/3012/images/ogquiz.png"}
Powered by: Quiz Maker