Huisgenoot-nuusvasvra 24-30 April 2017

Die sanger Ray Dylan is pas getroud met ’n vrou wie se naam toevallig ooreenstem met die titel van een van sy liedjies. Wat is haar naam?
Annemarie
Jessica
Nolene
€�n Gewelddadige rasseherrie het op Coligny losgebars nadat . . .
€�n Swart kind oorlede is nadat hy na bewering van twee wit mans se bakkie afgeval het.
Twee wit mans na bewering ’n swart man lewendig in sy pa se graf probeer begrawe het.
€�n Swart vrou na bewering in ’n hok agterop ’n wit man se vragmotor van ’n plaas af dorp toe vervoer is.
Gwede Mantashe, die ANC- sekretarisgeneraal, en adj.pres. Cyril Ramaphosa het albei die afgelope week laat blyk dat die regering se doen en late hulle steeds kwel. Dit was egter te laat om te keer dat ’n hul vroeëre dubbelpraatjies die Suid-Afrikaanse taalskatkis met ’n nuwe werkwoord verryk het. Watter woord is dit?
Om te mantash – om baie skielik van mening te verander
Om te ramaphos – om baie stadig uit die blokke te kom
Om gemanphos te word – om streng vasgevat te word
Die aktrise en sangeres Hildegardt Whites se eersteling is verlede week gebore. In watter sepie vertolk Hildegardt die rol van Bonita?
7de Laan
Suidooster
Binnelanders
In die finale ronde van die Franse verkiesing op 7 Mei kom die gematigde Emmanuel Macron teen die ver-regse . . . Te staan.
Marine le Pen
Angela Merkel
François Hollande
Watter gogga kan plastieksakke verteer, volgens navorsing aan die Cambridge-universiteit in Engeland?
€�n Motruspe
€�n Bloedsuier
€�n Myt
Watter aankondiging het die ikoniese sanger Johnny Clegg pas gedoen?
Hy gaan ná sy komende wêreldtoer uittree.
Hy gaan sy Franse ridderskap afsweer as die ver-regses die Franse verkiesing wen.
Hy gaan Mauritius toe emigreer.
Pres. Donald Trump van Amerika was Saterdag 100 dae in die warmstoel. Hieronder is drie van die beloftes wat hy onderneem het om in sy eerste 100 dae na te kom, maar net een is verwesenlik. Watter een?
Om Obamacare, die bekostigbare-gesondheidsorgwet, te herroep en te vervang
Om die geld in plek te kry vir ’n muur tussen Amerika en Mexiko
Om ’n nuwe appèlregter aan te stel
Een van die sangeres en Ghoema-wenner Franja du Plessis se ouers het vandeesweek verjaar. Wat is dié ouer se naam?
Juanita du Plessis
Janie du Plessis
Morné du Plessis
Twee organisasies het pas ’n reuse-oorwinning in die Kaapse hooggeregshof behaal deur ’n stokkie te steek voor die regering se plan om kernaanlegte in Suid-Afrika op te rig. Die een organisasie is die Suider-Afrikaanse Geloofsgemeenskappe se Omgewingsinstituut. Wat is die ander een?
Earthlife Africa
Helen Suzman-stigting
Koalisie teen Kernenergie
Die Valke is trots daarop dat hulle die 32-jarige Elvis Ramosebudi in hegtenis kon neem nadat hy na bewering 23 politieke moorde beplan het. Watter strategie hieronder is na bewering en volgens beskikbare inligting NIE deur Ramosebudi ingespan nie?
Hy het briewe aan bekende sakelui geskryf waarin hy hulle gevra het vir skenkings om sy moordplanne te finansier.
Hy het sy woonadres en selfoonnommer op Twitter bekend gemaak.
Hy het sy bankbesonderhede bekend gemaak.
Hy het sy planne ondergronds en in uiterste geheimhouding gesmee.
Die opspraakwekkende Stellenbosch-bylmoordverhoor het verlede week begin. Wat het die beskuldigde, Henri van Breda, in sy pleitverduideliking gesê?
Hy het skuld op die moorde erken.
Inbrekers wat Afrikaans gepraat het, het die moorde gepleeg.
Hy kan glad nie onthou wat daardie tragiese aand gebeur het nie.
Die oud-Romanz-sanger Adam Barnard is al sedert Februarie baie siek. Hy moet waarskynlik nou ’n ernstige operasie ondergaan. Watter operasie is dit?
€�n Nieroorplanting
€�n Hartoorplanting
€�n Breinoperasie
Ons nuwe polisieminister, Fikile Mbalula, het op ’n nuuskonferensie onder meer oor die tekortkominge van polisielede gekla en te kenne gegee dat . . .
Hul mae te groot is
Hul salarisse te groot is
Hul ego’s te groot is
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra 24-30 April 2017", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Die sanger Ray Dylan is pas getroud met ’n vrou wie se naam toevallig ooreenstem met die titel van een van sy liedjies. Wat is haar naam?, ’n Gewelddadige rasseherrie het op Coligny losgebars nadat . . ., Gwede Mantashe, die ANC- sekretarisgeneraal, en adj.pres. Cyril Ramaphosa het albei die afgelope week laat blyk dat die regering se doen en late hulle steeds kwel. Dit was egter te laat om te keer dat ’n hul vroeëre dubbelpraatjies die Suid-Afrikaanse woordskatkis met ’n nuwe werkwoord verryk het. Watter woord is dit?","img":"https://www.quiz-maker.com/3012/images/ogquiz.png"}
Powered by: Quiz Maker