Huisgenoot-vasvra: 13-19 Februarie 2018

Wat het oudpres. Jacob Zuma in sy laaste onderhoud voor sy uittrede gesê?
€�Ek het niks verkeerds gedoen nie.”
€�Ek verstaan hoekom die ANC my herroep het.”
“Dit lyk of ek die probleem is, en daarom sal ek bedank.”
’n Fotograaf het Malusi Gigaba, minister van finansies, in die parlement afgeneem terwyl hy . . . Tydens die verkiesing van pres. Cyril Ramaphosa.
Candy Crush Saga op sy tablet speel
Op sy tablet aansoek doen om die vakante pos van kragopwekkingshoof by Eskom
Op sy tablet aansoek doen om burgerskap van die Verenigde Arabiese Emirate
Aan watter siekte is die Zimbabwiese politikus Morgan Tsvangirai oorlede?
Hartaanval
Beroerte
Kanker
Wie is NIE pres. Cyril Ramaphosa se swaer NIE?
Patrice Motsepe, biljoenêr-sakemagnaat
Jeff Radebe, minister in die presidensie
John Kani, veteraan-akteur en een van die sterre in die superheldfliek Black Panther
Die drie nuusbrokkies hieronder het die afgelope week in die media verskyn. Watter een is fopnuus?
Die Xhosa-inisiasiefliek Inxeba (Die Wond) mag nie in bioskope vertoon word nie maar net versprei word deur die soort ondernemings wat pornoflieks versprei.
Die voortvlugtige Ajay Gupta skuil in Lesotho.
Ná ’n mislukte mosie van wantroue in haar regeer die Kaapstadse DA-burgemeester Patricia de Lille die moederstad slegs danksy die hulp van die opposisie.
Wat beteken “Thuma Mina”, die titel van die inspirerende Hugh Masekela-lied waarmee pres. Cyril Ramaphosa sy staatsrede afgesluit het?
Stuur My
Help My
Wees Saggies Met My
Wat het die Namibies-gebore internasionale model Behati Prinsloo die afgelope week gedoen?
Haar tweede kind verwelkom
€�n Kwaai twiet vir pres. Donald Trump gestuur
€�n Multimiljoendollar-modelleerkontrak met die skoonheidshuis Estée Lauder geteken
Watter internasionale superster het aangekondig sy staan op skei?
Jennifer Aniston
Kim Kardashian
Beyoncé
Watter toernooi het die SA tennisspeler Kevin Anderson pas gewen?
Amerikaanse Ope
New York-Ope
Australiese Ope
Wie vertolk die rol van die ma van ’n outistiese seuntjie in die fliek Raaiselkind, wat onlangs begin draai het?
Diaan Lawrenson
Rolanda Marais
Quanita Adams
Watter onderwerp het pres. Donald Trump NIE aangeraak NIE in sy reaksie op die dood van 17 kinders in die soveelste skietvoorval by ’n Amerikaanse skool?
Geestesgesondheid
Beveiliging van skole
Strenger geweerwette in Amerika
Op watter rivier in KZN het die 67ste Dusi-kanomarathon weggespring?
Tugela
Msinduzi
Umfolozi
{"name":"Huisgenoot-vasvra: 13-19 Februarie 2018", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Wat het oudpres. Jacob Zuma in sy laaste onderhoud voor sy uittrede gesê?, ’n Fotograaf het Malusi Gigaba, minister van finansies, in die parlement afgeneem terwyl hy . . . tydens die verkiesing van pres. Cyril Ramaphosa., Aan watter siekte is die Zimbabwiese politikus Morgan Tsvangirai oorlede?","img":"https://www.quiz-maker.com/3012/images/ogquiz.png"}
Powered by: Quiz Maker