Huisgenoot-nuusvasvra: 8-15 Mei 2017

Karlien van Jaarsveld het aangekondig sy is weer swanger. Hoeveel kinders het sy reeds?
Een
Twee
Drie
Die Twitter-hutsteken #MenAreTrash het die afgelope week die nasionale gesprek oor geweld teen vroue en kinders weer laat posvat. Watter voorval het aanleiding gegee tot die hutsteken?
Die dood van ’n jong vrou wat na bewering deur haar kêrel vermoor en verbrand is
Die dood van ’n ampertiener wat deur haar beste vriendin se pa verkrag is
Die dood van ’n twee maande oue baba wat deur haar pa mishandel is
Steeds by sosiale media: Hoekom het die Christelike skrywer Gretha Wiid die afgelope week ’n sosialemedia-storm ontketen?
Menings oor homoseksualiteit wat sy enkele jare gelede in een van haar boeke gedeel het
Menings oor seks wat sy enkele jare gelede in Huisgenoot gedeel het
Menings oor kinderopvoeding wat sy enkele jare gelede in Baba & Kleuter gedeel het
In ’n massiewe kuberaanval wat 150 lande getref het, maak ’n virusprogram rekenaars onbruikbaar en vertoon dan ’n boodskap wat . . .
€n Losprys eis om die rekenaar weer bruikbaar te maak
Oor pres. Donald Trump tekere gaan voor die rekenaar weer bruikbaar word
Pro-ISIS-propaganda verkondig voor die rekenaar weer bruikbaar word
Pres. Donald Trump het vir ’n skok gesorg deur die hoof van die FBI, James Comey, af te dank. Hoe het Comey gehoor hy is in die pad gesteek?
Comey het die nuus op TV gesien.
Pres. Trump het die nuus persoonlik aan hom oorgedra.
Pres. Trump het die nuus getwiet.
Wie het Saterdagaand Krieket SA se gesogte titel Speler van die Jaar gewen?
Quinton de Kock
Hashim Amla
AB de Villiers
Ná net twee maande as LP het Brian Molefe pas ’n ander pos aanvaar. Wat is dit?
Hoof van Eskom, waar hy twee maande gelede onder ’n wolk bedank en beloof het om nie terug te keer voor sy naam skoon is nie
Hoof van die SA Inkomstediens, aangesien hy nie die pos van finansminister kon losslaan nie
Eienaar van die Saxonwold-sjebien
Wie of wat is die erfgenaam van Karel Schoeman se waarskynlik aansienlike boedel?
Sy huiswerker, Puseletso Meko, en haar susterskind
Die Vrystaatse Biblioteekdiens
€n Te stigte fonds vir die bevordering van bystandsdood
Die SAUK is in enorme geldknyp. Watter plan het hulle nou bedink om geld te verdien?
Hulle wil lisensiegeld eis nie net vir ons TV’s nie, maar ook vir ons rekenaars en selfone.
Hulle wil voortaan toegangsgeld vra vir Hlaudi Motsoaneng se nuuskonferensies omdat dit so vermaaklik is.
Hulle gaan DStv opdrag gee om ’n deel van sy gebruikers se inskrywingsgeld aan die SAUK oor te betaal.
Altesaam 82 skoolmeisies van die meer as 200 wat drie jaar gelede uit die dorpie Chibok in Nigerië ontvoer is, is vrygelaat. Watter terroristegroep het hulle ontvoer en nou vrygelaat?
Boko Haram
ISIS
Al Sjabaab
Die sensasionele blitsatleet Akani Simbine het die eerste Suid-Afrikaner geword om die . . . Meter te wen by ’n Diamantliga-byeeenkoms.
100
200
300
Watter TV-reeks het altesaam vier ATKV-Veertjies losgeslaan: beste draaiboek, beste regisseur, beste reeks, beste aktrise?
Die Boekklub
Hotel
Sterlopers 2
Vergeet van reënboog-kaasbroodjies en soesji-burgers – die nuutste kosgier is wolkie-eiers. Hoe word dit berei?
€n Eiergeel bo-op eierwit wat vooraf geklits en gebak is
€n Eiergeel bo-op gesmelte malvalekkers
€n Eiergeel bo-op ’n ryskoekie
Wie het pas die wêreldkampioen in sewesrugby geword?
Blitsbokke (Suid-Afrika)
Fidji
Engeland
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 8-15 Mei 2017", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Karlien van Jaarsveld het aangekondig sy is weer swanger. Hoeveel kinders het sy reeds?, Die Twitter-hutsteken #MenAreTrash het die afgelope week die nasionale gesprek oor geweld teen vroue en kinders weer laat posvat. Watter voorval het aanleiding gegee tot die hutsteken?, Steeds by sosiale media: Hoekom het die Christelike skrywer Gretha Wiid die afgelope week ’n sosialemedia-storm ontketen?","img":"https://www.quiz-maker.com/3012/images/ogquiz.png"}
Powered by: Quiz Maker