Huisgenoot-nuusvasvra: week van 6-12 Maart 2017

Die sanger Bobby van Jaarsveld se verjaardag het nie ongemerk verbygegaan nie. Hoekom nie?
Hy het sy verjaardagpartytjie by die SA basis in Antarktika gehou as deel van ’n bewusmakingsveldtog oor aardverwarming wat later in In Jou Skoene uitgesaai sal word.
Hy het ’n mylpaalverjaardag gevier: sy 30ste.
Sy lojale aanhangers sal nooit toelaat dat sy verjaardag ongemerk verbygaan nie.
Weens al die reën het ’n lewensgevaarlike tropiese siekte in die Waterberg-omgewing en Pretoria uitgebreek en twee mense is daaraan oorlede. Watter siekte is dit?
Malaria
Ebola
Kongokoors
Die ikoniese Kaapstad-fietswendren is Sondag net ná die wegspring deur organiseerders afgestel. Hoekom?
€™n Stormsterk wind het die wedren te gevaarlik gemaak.
€™n Rotsstorting langs die roete het dit onmoontlik gemaak om die wedren te voltooi.
€™n Deelnemer is dood nadat ’n motor hom by die wegspringplek omgery het.
Pres. Donald Trump van Amerika het in een van sy middernagtelike twiets vir oudpres. Barack Obama daarvan beskuldig dat hy . . .
Afluisterapparate in sy New Yorkse kantoor geplant het
Vals nuus help versprei het.
Verkiesingbedrog probeer pleeg het.
€™n Jong witrenoster genaamd Vince is op ’n onverwagte plek deur renosterstropers doodgeskiet. Waar?
Op Tafelberg
In ’n dieretuin in Parys, Frankryk
In ’n Indiese reënwoud
Ses Suid-Afrikaanse skole – vier in Gauteng en twee op Oudtshoorn – word eersdaags deur die organisasie Ogod voor die hof gedaag. Hoekom?
Omdat hulle ’n uitsluitlik Christelike godsdiensbeleid het
Omdat hul transgender-leerders nie toegelaat word om die toilette te gebruik van die geslag waarmee hulle identifiseer nie.
Omdat hulle onderwyseresse dwing om rokke te dra wat tot net bo die knie kom
WikiLeaks het dokumente op die internet bekendgemaak wat onthul dat die Amerikaanse CIA op mense spioeneer deur hulle tuis af te luister deur op watter toestel in hul huise in te skakel?
Samsung-TV-stel
IPhone
Dell-skootrekenaar
€™n Suid-Afrikaanse man en sy verloofde het vyf weke in ’n tronk in Abu Dhabi deurgebring. Hoekom?
Hulle verwag ’n baba en seks buite die huwelik is teen die wet in die Verenigde Arabiese Emirate.
Daar is ’n piepklein aanduiding van dwelmgebruik in hul sweet gevind.
Hulle het mekaar in die openbaar gesoen.
Gerrie en Carna Rossouw het aangekondig hul eerste pienkvoet is op pad. Waar het ons hulle leer ken?
Hulle was ’n Boer Soek ’n Vrou-paartjie.
Hulle het ’n klompie jare gelede voorblaaie gehaal nadat hulle deur terroriste in die Filippyne ontvoer en twee maande lank aangehou is.
Hulle het byna omgekom in die destydse tsoenami in Thailand, waar hulle wittebrood gehou het.
Die astrante rooftog waarin miljoene rande op die O.R. Tambo-lughawe buitgemaak is, was die soveelste geval die afgelope jaar by die lughawe waarin rampokkers hulleself as . . . Vermom het.
Polisiemanne
Mense wat op die laaiblad werk
Verdwaalde toeriste
Suid-Afrika se minister van maatskaplike ontwikkeling, Bathabile Dlamini, is hewig in die spervuur weens die SASSA-krisis. Van watter ander bekende organisasie is sy ook die hoof?
ANC-Vroueliga
Save South Africa
Nasionale Grondkomitee
Haar naam is Caroline-Grace en sy is besig om baie goed op The Voice SA te vaar. Wie is haar bekende Springbok-man?
Heinrich Brüssow
Lood de Jager
Adriaan Strauss
Van rugby gepraat – die ooievaar baljaar omtrent onder ons rugbyspelers. Wie het NIE die afgelope week ’n nuwe pienkvoet verwelkom nie?
Elton Jantjies
Cheslin Kolbe
Jacques Potgieter
Hierdie wêreldbekende rotsboog met die naam Azure-venster het pas ineengestort. In watter eilandstaat was dit die bekendste baken?
Malta
Fidji
Barbados
€™n Ekspressionisties-abstrakte skildery deur ’n wêreldbekende Franschhoekse vark is pas vir R23 500 aan internasionale kopers verkoop. Wat is die talentvolle vark se naam?
Pigcasso
Michelangelot
Vincent van Sogh
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: week van 6-12 Maart 2017", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Die sanger Bobby van Jaarsveld se verjaardag het nie ongemerk verbygegaan nie. Hoekom nie?, Weens al die reën het ’n lewensgevaarlike tropiese siekte in die Waterberg-omgewing en Pretoria uitgebreek en twee mense is daaraan oorlede. Watter siekte is dit?, Die ikoniese Kaapstad-fietswendren is Sondag net ná die wegspring deur organiseerders afgestel. Hoekom?","img":"https://cdn.poll-maker.com/15-638585/azure-window.jpg?sz=1200-00823006720761305300"}
Powered by: Quiz Maker