Huisgenoot-nuusvasvra: 18-24 September 2018

Watter bekende SA komediant het pas onthul dat hy al die jare ’n halfbroer gehad het van wie hy nie geweet het nie?
Casper de Vries
Marc Lottering
Leon Schuster
Wie is NIE lid van die staatspresident se nuwe adviserende paneel oor grondhervorming NIE?
Ernst Roets, adjunkhoof van AfriForum
Dan Kriek, president van AgriSA
Nick Serfontein, voorsitter van Sernick
Watter bekende kerkpersoonlikheid het die afgelope week sy steun vir genadedood uitgespreek?
Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu, Anglikaanse Kerk
Ds. Nelis Janse van Rensburg, NG Kerk
Ray McCauley, Rhema
Watter politieke party het volgens ’n peiling vir die Instituut vir Rasseverhoudinge sy steun sedert die 2014-verkiesing verdubbel?
EFF
DA
Cope
Geen party nie – almal het steun verloor
Wie of wat is Nellies?
Derick Hougaard se troetelnaam vir sy geliefde Nádine
Derick Hougaard se troetelnaam vir Nelspruit, waar hy pas aan ’n gholfdag deelgeneem het
Derick Hougaard se troetelnaam vir wyle oudpres. Nelson Mandela
’n Ryk Japannees gaan Elon Musk se eerste betaalde ruimtegas wees. Watter tog gaan Yusaku Maezawa onderneem?
Om die maan vlieg
Internasionale Ruimtestasie toe vlieg
Tot anderkant die maan vlieg om ’n asteroïed te gaan help haal

Wat gaan volgens pres. Cyril Ramaphosa se stimuluspakket goedkoper word?

Data
Brood
Petrol
Die Dickinsonia-fossiel is pas as een van die oudste diere op Aarde geïdentifiseer. Hoe het wetenskaplikes geweet dit was ’n dier en nie ’n plant nie?
Hulle het spore van cholesterol in die fossiele gevind.
Hulle kon geen spore van chlorofil in die fossiele vind nie.
Hulle het spore van ontlasting in die fossiele gevind.
Wat moet rugbyspelers en toeskouers by aanstaande jaar se Wêreldbekerrugby-toernooi in Japan liefs nie doen nie, aldus ’n versoek van Wêreldrugby?
Hul tatoeëermerke wys nie.
Soesji met hul hande eet nie
Aan die verkeerde kant van die sypaadjie loop nie
Watter maatskaplike kwaal word deur die sanger Refentse aangespreek in sy nuwe video, Reisiger?
Huishoudelike geweld
Afwesige pa’s
Dwelmafhanklikheid
Hoekom hou prins Harry se vriende glo nie van Megan Markle nie?
Haar politiek is te liberaal.
Hulle verstaan nie haar Kanadese aksent nie.
Sy weier dat Harry alleen saam met die ouens gaan rinkink.
Watter taal word van 2020 af in SA skole aangebied?
Swahili
Igbo
Russies
Watter twee lande wil in 2032 saam die Olimpiese Somerspele aanbied?
Noord- en Suid-Korea
Australië en Nieu-Seeland
Mexiko en Amerika
Watter hooggeregshofbeslissing oor dagga is deur die Konstitusionele Hof gehandhaaf?
Jy mag in jou eie huis dagga kweek en rook.
Jy mag dagga verkoop.
Jy mag nie meer as 3 kg dagga by jou hê nie.
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 18-24 September 2018", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Wanneer laas het die Springbokke Nieu-Seeland in Nieu-Seeland geklop?, Wie of wat is Mangkhoet?, Watter ikoniese motor gaan ná 2019 nie meer vervaardig word nie?","img":"https://cdn.poll-maker.com/33-1124594/photoshop-advertensie.jpg?sz=1200"}
Powered by: Quiz Maker