Huisgenoot-nuusvasvra: 12-18 Maart 2019

€�n Onlangse foto van die sangeres Corlea op sosiale media het groot opspraak gewek. Hoekom?
Met haar pers oog en stukkende lip het sy soos ’n geweldslagoffer gelyk.
In haar pragtige trourok het sy soos ’n bruid gelyk.
Met ’n pasgebore babatjie in haar arms het sy soos ’n nuwe ma gelyk.
Wat is die naam van die sikloon wat verlede week tragedie en verwoesting in ons buurlande gesaai het?
Idai
Jedai
Atul
Watter suksesvolle oorplantingsoperasie is vir die eerste keer ter wêreld in Suid-Afrika uitgevoer?
Gehoorbeentjies wat met ’n driedimensionele drukker geskep is
€�n Ruggraat op Malusi Gigaba
€�n Varkhart op ’n mens
Met watter Afrikaanse sanger/akteur het die sanger/liedjieskrywer Danny K op Twitter in ’n gestryery oor ras betrokke geraak?
Adam Tas
Steve Hofmeyr
Jay du Plessis
Van watter land kom Brenton Tarrant, wat verlede week 50 mense by Nieu-Seelandse moskees doodgeskiet en tientalle gewond het?
Australië
Nieu-Seeland
Verenigde State van Amerika
Mufasa is uiteindelik gevang. Waar het dié rondloperleeu van die Karoo sy eerste nag in gevangenis deurgebring?
Sutherland-polisieselle
€�n Kampie langs die Sutherland-sterrewag
€�n Krat in die agtertuin van Sutherland se Louw-huis
Weens die droogte word besoekers aan die KKNK gevra om hul eie water saam te neem. Wat moet hulle ook nog self saamneem?
Ligte
Sonskerms
Drank
Steeds by Eskom: Wat is onder meer amptelik uitgewys as oorsake van die kragkrisis wat ons land sedert die naweek lamlê (meer as een antwoord moontlik)?
Die sikloon Idai in Mosambiek
Gebrek aan instandhouding van kragstasies
Sabotasie deur mense wat die ANC voor die verkiesing sleg wil laat lyk
Boeing het verlede week sy hele wêreldwye vloot van . . . -vliegtuie gehok nadat ’n Ethiopiese vliegtuig neergestort en almal aan boord gesterf het.
737-800
737 Classic
737 Max
Tienduisende studente het verlede week oor die wêreld heen, ook in Kaapstad, oor hierdie saak betoog.
Klimaatsverandering
Die koste van tersiêre opleiding
Verkragting op kampusse
Toanette Els en Nardus van Wyk is nie meer ’n paartjie nie. In watter TV-reeks was hulle saam te sien?
Boer Soek ’n Vrou
Getroud met Rugby
Kom Ons Trou, Nou!
Watter ster van Harry Potter speel in die fliek Escape from Pretoria, oor twee SA aktiviste wat in die 1970’s uit die tronk ontsnap het?
Daniel Radcliffe
Emma Watson
Helena Bonham-Carter
Watter oud-ster van Egoli vertel in die jongste Huisgenoot dat hy werkloos is en liggaam en siel met klein werkies aanmekaar moet hou?
Marlon Roelfze (Shaun Gillian)
David Vlok (Tim Vorster)
David Rees (Niek Naude)
In die volgende James Bond-fliek word Agent 007 groen. Hoe?
Sy motor word elektries.
Hy word ’n vegetariër.
Sy selfoon word met sonkrag gelaai.
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 12-18 Maart 2019", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Wanneer laas het die Springbokke Nieu-Seeland in Nieu-Seeland geklop?, Wie of wat is Mangkhoet?, Watter ikoniese motor gaan ná 2019 nie meer vervaardig word nie?","img":"https://cdn.poll-maker.com/33-1124594/photoshop-advertensie.jpg?sz=1200"}
Powered by: Quiz Maker