Huisgenoot-nuusvasvra: 31 Januarie-5 Februarie 2018

Tot hoeveel liter water per persoon per dag word Kapenaars tans beperk?
25 liter
50 liter
87,5 liter
Jason Rohde se moordverhoor is Maandag hervat en het onmiddellik in ’n drama ontaard. Wat het NIE gebeur nie?
Hy was siek in die hospitaal, maar die regter het geëis dat iemand hom by die hospitaal gaan haal en hof toe bring.
Hy was siek in die hospitaal, en het geweier om sonder ’n hofbevel in die hof te verskyn.
Hy het flou geword in die hof en die regter het hom hospitaal toe gestuur.
Watter ster(re) het die afgelope week ’n tweeling ryker geword? (Meer as een antwoord is moontlik.)
Angelique Potgieter
Claudia Henkel
Kylie Jenner
JP Pietersen
Watter universiteitstradisie is vanjaar by die Vrystaatse Universiteit stopgesit?
Jool
Ontgroening
Ser
Hoekom het 50 mense van ’n nedersetting in die Oos-Kaap siek geword nadat hulle beesvleis geëet het?
Die bees is dood aan malkoeisiekte.
Die bees is dood omdat ’n giftige slang hom gebyt het
Die beesvleis het die Listeria-bakterie bevat.
Hoe het Iranse vroue protes aangeteken teen die verpligte dra van die hijab (kopserp)?
Hulle het in die openbaar sonder ’n hijab verskyn.
Hulle het 500 000 keer per dag daaroor getwiet.
Hulle het by regeringsgeboue ingebreek.
Watter taal word gepraat in Wakanda, die mistieke land van die superheld Black Panther in die opspraakwekkende nuwe fliek met dieselfde naam?
Xhosa
Navajo
Asteeks
Die akteur David Phetoe is op 85 oorlede. Vir watter sepie is hy bekend?
Generations
Isidingo
IsiBaya
Hoekom het ’n omnibus-uitsending van 7de Laan konsternasie veroorsaak?
Die verkeerde episodes is uitgesaai en ’n kinkel oor Hilda is voortydig verklap.
Hilda het per abuis gevloek en dis nie uitgebliep nie.
Mariaan het vir Hilda “Annelisa” genoem en dit het so deurgegaan.
Watter bekende figuur is Vrydag die trekpas gegee?
Allister Coetzee, Springbok-rugbyafrigter
Jacob Zuma, SA staatspresident
Christo Wiese, voorsitter van Steinhoff
Roger Federer het die 20ste Grand Slam-titel van sy loopbaan gewen. Wat is sy band met Suid-Afrika?
Sy ma, Lynette, is ’n Suid-Afrikaner.
Hy het as kind vyf jaar in Suid-Afrika gewoon.
Hy het as kind ’n Afrikaanse oppasser gehad.
Watter nuuskanaal se kontrak met DStv loop in Augustus ten einde?
ANN7
ENCA
SABC 3
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 31 Januarie-5 Februarie 2018", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Tot hoeveel liter water per persoon per dag word Kapenaars tans beperk?, Jason Rohde se moordverhoor is Maandag hervat en het onmiddellik in ’n drama ontaard. Wat het NIE gebeur nie?, Watter ster(re) het die afgelope week ’n tweeling ryker geword? (Meer as een antwoord is moontlik.)","img":"https://www.quiz-maker.com/3012/images/ogquiz.png"}
Powered by: Quiz Maker