Huisgenoot-nuusvasvra: 2-7 Mei 2018

Watter sjokoladestafie was vir die 10de agtereenvolgende jaar die topverkoper in Suid-Afrika?
Lunch Bar
Tex
Crunchie
Vir watter rugbyspan het Siya Kolisi Saterdag sy 100ste wedstryd gespeel?
Stormers
Haaie
Goue Leeus
Hoeveel het die belastingbetaler opgedok sodat Norma, vrou van min. Malusi Gigaba, hom op oorsese reise kon vergesel?
R410 000
R870 000
R1 400 000
Waar het ’n vulkaan uitgebars, woonhuise verswelg en lewens in gevaar gestel?
Hawaii
Tanzanië
Marion-eiland
Wie het prins Harry in ’n brief gewaarsku om nie met Meghan Markle te trou nie?
Meghan se broer, Thomas jr.
Meghan se pa, Thomas sr.
Meghan se eksman, Trevor Engelson
Dr. Makhosi Khoza val in by Outa, die Organisasie teen Belastingmisbruik. Watter afdeling van Outa gaan sy bestuur?
Plaaslike regerings
Staatskaping
Water en omgewing
Hoe het Japannese busbestuurders die afgelope week gestaak?
Hulle het hul werk gedoen, maar passasiers gratis laat ry.
Hulle het busse aan die brand gesteek.
Hulle het die strate van Tokio gemarsjeer.
Hoeveel gewig het Charlize Theron aangesit vir haar rol in die ma-fliek Tully?
12 kg
22 kg
32 kg
Hoe het die aktrise Nadia Beukes en haar man, David de Villiers, die geslag van hul ongebore baba aangekondig?
Hulle het ’n swart ballon geprik en blou ballonne het daaruit gevlieg.
Hulle het ’n partytjie gehou en die gaste met ’n blou verfgeweer gepeper.
Hulle het ’n piñata stukkend geslaan en blou confetti het daaruit gebars.
Die departement water en sanitasie begin die jaar met ’n begrotingstekort van R3 miljard. Wie was tot onlangs die minister van die departement?
Nomvula Mokonyane
Bathabile Dlamini
Gugile Nkwinti
Hoekom was klein Eden Laird van Alberton die afgelope week in die nuus?
Sy oppasser het hom ontvoer en ’n losprys van R6 miljoen geëis.
Hy het uiteindelik huis toe gegaan nadat hy op 24 weke gebore is en maande lank in die hospitaal deurgebring het.
Hy is as Mnr. Mini-Suid-Afrika gekroon.
Wat het die Amerikaanse rapper Kanye West kwytgeraak wat mense ontstel het?
Hy het laat blyk slawe het gekies om slawe te wees.
Hy het gespog oor sy bromance met pres. Donald Trump.
Hy het aborsie veroordeel.
Die beroemde Yale-universiteit in Amerika het vir die eerste keer in hul geskiedenis ’n eredoktorsgraad teruggetrek. Wie was die ontvanger, wat deur ’n skandaalwolk omring word?
Bill Cosby
Harvey Weinstein
Kevin Spacey
Wat het die sanger Robbie Williams se vrou vir hom vir hul huweliksherdenking gekoop?
€�n Daggaplasie
€�n Armband van menslike tande
€�n Burger King-restaurant
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 2-7 Mei 2018", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Watter sjokoladestafie was vir die 10de agtereenvolgende jaar die topverkoper in Suid-Afrika?, Vir watter rugbyspan het Siya Kolisi Saterdag sy 100ste wedstryd gespeel?, Hoeveel het die belastingbetaler opgedok sodat Norma, vrou van min. Malusi Gigaba, hom op oorsese reise kon vergesel?","img":"https://www.quiz-maker.com/3012/images/ogquiz.png"}
Powered by: Quiz Maker