Huisgenoot-nuusvasvra: 20-26 Maart 2018

Wat het die Australiese krieketspeler Cameron Bancroft gebruik om in ’n toets teen die Proteas met die bal te peuter?
Skuurpapier
Haarjel
Lipbalsem
Hoekom is Facebook-gebruikers so vies vir die maatskappy dat baie hul rekeninge opgeskort het?
Facebook gebruik webkameras om op sommige gebruikers te spioeneer.
Facebook het besluit om die aantal advertensies op gebruikers se mure met ’n derde te verhoog.
€�n Derde party het 50 miljoen Facebook-gebruikers se persoonlike inligting onregmatig bekom.
Waarom het Floyd Shivambu, die EFF-onderleier, ’n joernalis om verskoning gevra?
Hy het die joernalis aangerand.
Hy het op die joernalis gevloek.
Hy het die joernalis se integriteit in ’n twiet aangeval.
Watter stad of dorp in SA is volgens die nuutste Mercer-verslag die beste om in te woon?
Durban
Kaapstad
Knysna
Wat het Helen Zille gesê in ’n twiet wat haar al weer in die sop laat beland het?
Sy wou weet wat die families van die Esidimeni-slagoffers gedoen het om betyds alarm te maak oor die pasiënte se verwaarlosing.
Sy het voorgestel dat Suid-Afrikaners wat kan, die opoffering maak om nog huiswerkers en tuinhulpe aan te stel om werkloosheid te verlig.
Sy het op Menseregtedag hulde aan Sharpeville-slagoffers van 1960 gebring, maar per abuis ’n foto van die Soweto-opstande van 1976 geplaas.
Die invloedryke Moody’s Investors Service het Vrydag die vooruitsigte van Suid-Afrika se kredietgradering van . . . . na . . . verander.
Stabiel ; negatief
Stabiel ; positief
Negatief ; stabiel
Watter geur gaan prins Harry en Meghan Markle se troukoek wees?
Suurlemoen en vlierbessie
Vanielje en amandel
Lemmetjie en klapper
Wat was die naam van die wêreld se laaste oorblywende noordelike witrenosterbul, wat pas in Kenia oorlede is?
Sudan
Chad
Mali
Graanwhisky uit watter land is pas deur die Britse Whisky Magazine as die beste ter wêreld aangewys?
Skotland
Amerika
Suid-Afrika
Wie is Stephanie Clifford?
Die regte naam van Stormy Daniels, die porno-ster wat pas in kleur en geur van haar verhouding met die getroude pres. Donald Trump vertel het.
Die Playboy-model wat sê sy het ’n verhouding met die getroude pres. Donald Trump gehad.
Die Sex and the City-aktrise wat haar pas as kandidaat vir die pos van New Yorkse goewerneur beskikbaar gestel het.
Wat is die tema van prinses Charlene van Monaco se voorgenome kookboek?
Geregte uit die kombuis van die Pienk Paleis
Suid-Afrikaanse kookkuns
Resepte vir kleuters
Watter bekende Afrikaanse TV-persoonlikheid het by die onlangse SA Film-en-televisiepryse saam met Thoko Ntshinga die eerbewys vir lewensbydrae ontvang?
Johan Stemmet
Ruda Landman
Riaan Cruywagen
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 20-26 Maart 2018", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Wat het die Australiese krieketspeler Cameron Bancroft gebruik om in ’n toets teen die Proteas met die bal te peuter?, Hoekom is Facebook-gebruikers so vies vir die maatskappy dat baie hul rekeninge opgeskort het?, Waarom het Floyd Shivambu, die EFF-onderleier, ’n joernalis om verskoning gevra?","img":"https://www.quiz-maker.com/3012/images/ogquiz.png"}
Powered by: Quiz Maker