Huisgenoot-nuusvasvra: 18-25 Maart 2019

Hoekom was die oud-Bok Derick Hougaard die afgelope naweek in die nuus?
Sy vriendin, Nádine, het op hom afgekom waar hy saam met ’n ander vrou in ’n hotelkamer was.
Sy eksvrou, Karlien van Jaarsveld, het hom op sosiale media daarvan beskuldig dat hy ’n slegte pa is.
Hy het die naamrol aanvaar in die fliek Liefling 2.
Steeds by rugbyspelers se af-van-die-veld-dramas: Watter bekende Springbok se vrou het op Instagram ontplof weens ’n ‘boude-foto’ op haar man se selfoon?
Siya Kolisi
Handré Pollard
Duane Vermeulen
Hoekom het Basie se Biltong and Wors Shop in Auckland, Nieu-Seeland, opspraak gewek?
Hulle het ’n ou Suid-Afrikaans vlag in hul venster gehad.
Hul koedoebiltong het geblyk eintlik kiwibiltong te wees.
Hulle het Suid-Afrikaanse melktert vervang met 'n Nieu-Seelandse weergawe, melktert-pawlowa.
Watter stad in Mosambiek is besonder erg deur die sikloon Idai getref?
Beira
Maputo
Pemba
Robert Mueller, wat in Amerika ’n ondersoek gelei het na moontlike samewerking tussen Rusland en pres. Donald Trump se presidentsveldtog, het uiteindelik sy verslag bekend gemaak. Wat is bevind?
Rusland het die verkiesing in die guns van Trump probeer swaai.
Daar is geen bewys dat Trump of sy span bewustelik met die Russe saamgewerk het nie.
Trump word nie aan die klag van regsverydeling skuldig bevind nie, maar hy word ook nie daarvan vrygespreek nie.
Al die bogenoemde
Watter wedstryd se toekoms is in die gedrang nadat die hoofborg onttrek het?
Mej. Suid-Afrika
Idols
Curriebeker
Waar of onwaar? Markus Jooste is deur ’n opspraakwekkende verslag uitgewys as die beweerde baasbrein agter meer as R100 miljard se fiktiewe en onreëlmatige transaksies by die maatskappy Steinhoff.
Waar
Onwaar
Hongkong en Singapoer is twee van die duurste stede ter wêreld om in te woon. Wat is die derde een?
Parys
New York
Berlyn
€�n Streep skandes is weer voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping uitgeryg. Watter organisasie se onverkwiklike Gupta-bande is die afgelope week deur sy oudhoof beskryf?
Denel
Eskom
Transnet
Superrugby keer in 2021 terug na ’n formaat van 14 spanne. Watter span val uit?
Sunwolves van Japan
Jaguares van Argentinië
Blues van Nieu-Seeland
Lady Kitty Spencer, niggie van prins Harry en William, is die laaste ruk ’n baie gesogte internasionale model. Wat is haar band met Suid-Afrika?
Sy het in Suid-Afrika grootgeword.
Haar kêrel is Suid-Afrikaans.
Haar ma is Suid-Afrikaans.
Hoekom word ál meer lyke deesdae op die berg Everest gevind?
Weens klimaatsverandering
Omdat te veel mense die berg probeer uitklim
Omdat mense ál meer veiligheidsmaatreëls veronagsaam in hul gretigheid om bo uit te kom
Wat is die gelukkigste plek op Aarde?
Finland
Noorweë
Disneyland
Sowat miljoen mense het die strate van Londen die naweek ingevaar en geëis dat . . .
€�n nuwe referendum oor Brexit gehou word.
Theresa May, die premier, bedank.
Die Britse parlement May se Brexit-ooreenkoms aanvaar.
Armando, wenner van vele wedrenne, is pas vir 1,5 miljoen dollar verkoop. Wie of wat is hy?
€�n Duif
€�n Perd
€�n Hond
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 18-25 Maart 2019", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Wanneer laas het die Springbokke Nieu-Seeland in Nieu-Seeland geklop?, Wie of wat is Mangkhoet?, Watter ikoniese motor gaan ná 2019 nie meer vervaardig word nie?","img":"https://cdn.poll-maker.com/33-1124594/photoshop-advertensie.jpg?sz=1200"}
Powered by: Quiz Maker