Huisgenoot-nuusvasvra: 1-7 Julie 2017

Die Wimbledon-tennistoernooi buite Londen is in volle gang. Watter gereg word daarmee vereenselwig?
Aarbeie en room
Botterbroodjies en konfyt
Rabarberpastei en roomys
Watter beroemde tennisster wat op Wimbledon meeding, gaan waarskynlik van strafbare manslag aangekla word ná ’n motorongeluk waarin ’n bejaarde man omgekom het?
Serena Williams
Venus Williams
Maria Sharapova
Watter besluit is onder meer by die pas afgelope ANC-beleidskonferensie geneem?
Die ekonomiese vyand is nie “wit monopoliekapitaal” nie, maar net “monopoliekapitaal”.
Grond mag voortaan sonder vergoeding onteien word.
Negentig persent van myneienaars moet swart wees.
By die beleidskonferensie was daar ses mans in die afvaardiging van die ANC-vroueliga. Watter rede vir hul teenwoordigheid het die liga se hoof, Bathabile Dlamini, aan die Sunday Times verstrek?
€�Soms verloor ons [vroue] debatte omdat ons te emosioneel raak, en daarom wil ons die kundiges [mans] laat redeneer.”
€�Dis net regverdig. Ons kan nie eis dat vroue 50 persent van maatskappydireksies uitmaak en dan weier ons om mans as lede van ons afvaardiging te aanvaar nie.”
€�Ons het mans genooi sodat hulle ons kan beskerm in geval van ’n fisieke aanval deur die EFF.”
Wie of wat is Vossloh España?
Die Spaanse sokkerspan wat Woensdag R60 miljoen vir die speler Cristiano Ronaldo betaal het.
Die Spaanse maatskappy wie se korrupte verskaffing van lokomotiewe aan Suid-Afrika Maandag deur die Johannesburgse hooggeregshof ongeldig verklaar is.
Die naam van die Spaanse fietsryspan wat tans aan die Tour de France deelneem.
Hoekom is Mej. Suid-Afrika, Demi-Leigh Nel-Peters, op sosiale media aangeval oor foto’s waarop sy handskoene dra terwyl sy kos aan kindertjies uitdeel en saam met hulle poseer?
Omdat die klaers beweer sy wil nie met kaal hande aan swart kinders raak nie.
Omdat die klaers meen sy behoort haar moue op te rol en haar hande vuil te maak in haar pogings om honger kinders te help, eerder as om saam met hulle te poseer.
Omdat sy haar hande wegsteek en mense wil sien hoe mooi haar naels versorg is.
Met watter verskoning het die Britse skakelmaatskappy Bell Pottinger vorendag gekom vir hul inmenging by die Suid-Afrikaanse politiek terwyl die Gupta-maatskappy Oakbay hul kliënt was?
Skakelmaatskappye moet doen wat hul kliënte vra, of dit nou eties of oneties is.
Bell Pottinger se senior bestuurslede het nie besef wat aangaan nie want hulle is mislei deur die werknemers in beheer van die Oakbay-rekening.
Bell Pottinger het gemeen dat die betrokkenheid van ’n Britse skakelmaatskappy sou help om die slegte naam van Britse kolonialisme in Afrika te verbeter.
’n Nuwe worsrolletjie-wêreldrekord is Dinsdag opgestel. Hoeveel worsrolletjies (hot dogs) het die Amerikaner Joey Chestnut binne 10 minute verorber?
52
62
72
Die Internasionale Strafhof het Suid-Afrika skuldig bevind daaraan dat ons nie . . . . In hegtenis geneem het terwyl hy in 2015 hier was nie.
Pres. Omar al-Basjir van Soedan
Pres. Basjar al-Assad van Sirië
Die rebelleleier Joseph Kony van Uganda
Hoe groot was die noodtjek wat Malusi Gigaba, finansminister, Saterdag uitgeskryf het om die SA Lugdiens uit ’n  finansiële verknorsing te red?
R90,2 miljoen
R1,2 biljoen
R2,2 biljoen
Die musiekgroep Die Antwoord was in die sop weens dié foto op hul album. Hoekom?
Hulle is van kulturele toeëiening beskuldig omdat Ninja ’n Afrika-kombers dra.
Hulle hits geweld aan omdat Yolandi ’n geweer in haar hand het.
Pleks van ’n ware Xhosa-kombers dra Ninja een van Louis Vuitton se ontwerperskomberse.
Wat het vandeesweek gebeur om die modeontwerper Diaan Daniels by die dood te laat omdraai?
Hy het verstik terwyl hy saam met vriende in ’n restaurant uitgeëet het.
Hy was een van die mense wat deur gewapende rowers aangehou is tydens ’n rooftog Woensdag in ’n winkel in die Kaapse middestad.
Hy was in ’n motorongeluk in Pretoria betrokke.
Die wêreld het Dinsdag regop gesit toe die Noord-Koreaanse diktator Kim Jong-Oen ’n IKBM in die rigting van Japan afgevuur het. Wat is ’n IKBM?
Interkontinentale ballistiese missiel
Interkoreaanse ballistiese missiel
Interkontinentale bomwerpmasjien
Die sangeres Amor Vittone sê sy weet wie haar met onvriendelike briewe teister. Dit is . . .
€�n Bewonderaar met ’n obsessie oor haar
Iemand na aan haar
Die ma van een van haar kinders se skoolmaats
Is hulle ’n paartjie of nie? Dis wat ons op die oomblik wonder oor . . .
Derick Hougaard en Nádine
Derick Hougaard en Nianell
Derick Hougaard en Karen Zoid
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 1-7 Julie 2017", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Die Wimbledon-tennistoernooi buite Londen is in volle gang. Watter gereg word daarmee vereenselwig?, Watter beroemde tennisster wat op Wimbledon meeding, gaan waarskynlik van strafbare manslag aangekla word ná ’n motorongeluk waarin ’n bejaarde man omgekom het?, Watter besluit is onder meer by die pas afgelope ANC-beleidskonferensie geneem?","img":"https://cdn.poll-maker.com/19-758302/die-antwood-.jpg?sz=1200-00000000001000005300"}
Powered by: Quiz Maker