Huisgenoot-nuusvasvra: 22-28 Januarie 2019

Wat is die naam van die maatskappy Bosasa se vorige bedryfshoof, wat besig is om plofbare getuienis voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping te lewer?
Angelo Agrizzi
Alessandro Agrizzi
Antonio Agrizzi
Die eerste superheldfliek ooit is in die Oscar-kategorie vir beste rolprent benoem. Watter prent is dit?
Black Panther
Avengers: Infinity War
Spider-Man: Into the Spider Verse
Wat was die oorsaak van geweld in Zimbabwe, as gevolg waarvan pres. Emmerson Mnangagwa sy besoek verlede week aan die Wêreld- Ekonomiese Forum in Switserland moes afstel?
Die brandstofprys is met 150 persent verhoog.
Plase is aan wit boere teruggegee.
Grace Mugabe is as minister van die polisie aangestel.
Rugbyliefhebbers is steeds geskok oor die vroeë uittrede van die Bok-losskakel Pat Lambie. Hoe oud is Pat?
28
29
30
In watter olieryke land het die opposisieleier homself pas tot waarnemende president uitgeroep?
Venezuela
Rusland
Libië
In watter hof is bevind dat die skorsing van die onderwyseres Elana Barkhuizen in die Schweizer-Reneke-rasherrie onwettig was?
Arbeidshof
Gelykheidshof
Hof vir kleinsake

Wie is die enigste Protea-krieketspeler wat by die Internasionale Krieketraad se wêreldwye Toetsspan van 2018 ingesluit is?

Kagiso Rabada
Hashim Amla
Faf du Plessis

Tot watter voëlgroep behoort die duisende weeskuikens wat by Kimberley uitbroei en nou landwyd deur individue en organisasies gered word?

Kleinflaminke
Swartkopreiers
Bontkiewiete
Wat is die naam van die Afrikaanse fliek wat pas begin draai het waarin Frank Opperman ’n predikant speel?
Dominee Tienie
Pastoor Tienie
Broer Tienie
Die Wes-Kaapse premier Helen Zille het weer ’n Twitter-storm ontketen, dié keer deur ’n veldtog te voer . . .
Dat Suid-Afrikaners hul belastinggeld weerhou as die ANC nie korrupsie met mening vasvat nie.
Teen die omstrede DA-advertensiebord oor die Life Esidimeni-slagoffers.
Dat Afrikaans by die Universiteit van Pretoria as ’n volwaardige onderrigtaal heringestel word.
Wat is AgriSA se raad oor die ooraanbod van rooivleis in Suid-Afrika?
Suid-Afrikaners moet meer braai.
Vleispryse moet dramaties verlaag word.
Meer vleis moet vir honger mense geskenk word.
Hoekom het prins Philip van Brittanje skriftelik vir ene Emma Fairweather om verskoning gevra?
Sy het haar arm gebreek nadat hy vasgery het teen die kar waarin sy was.
Hy het ’n seksistiese grappie in haar teenwoordigheid gemaak.
Hy het haar onvriendelike dinge toegesnou terwyl sy hom in die hospitaal verpleeg het.
Boer Hennie (hy wat met Jacobu getrou het) boer nie meer heeltyds nie. Wat doen hy nou?
Hy verkoop eiendomme.
Hy studeer verder.
Hy gee klas by ’n landbouskool.
Hoekom het pres. Donald Trump die Amerikaanse regering 35 dae lank gedeeltelik gesluit gehou?
Hy het gehoop dit sou die Huis van Verteenwoordigers dwing om 7,5 miljard dollar vir sy beplande muur tussen Amerika en Mexiko goed te keur.
Hy was moeg ná twee jaar in die tuig en wou vyf weke lank vakansie gaan hou.
Hy het gehoop regeringsondersoeke teen hom sou gestaak word.
{"name":"Huisgenoot-nuusvasvra: 22-28 Januarie 2019", "url":"https://www.quiz-maker.com/QPREVIEW","txt":"Wanneer laas het die Springbokke Nieu-Seeland in Nieu-Seeland geklop?, Wie of wat is Mangkhoet?, Watter ikoniese motor gaan ná 2019 nie meer vervaardig word nie?","img":"https://cdn.poll-maker.com/33-1124594/photoshop-advertensie.jpg?sz=1200"}
Powered by: Quiz Maker